Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarl gaan nou sy ware kleure wys met projek

’n Kleurryke buurt waar almal tuis voel.

Drakenstein-munisipaliteit het in Junie met die eerste fase van sy Verf my storie-projek van R5,4 miljoen begin.

Met dié projek gaan die Loerie-woonstelle in Amstelhoflaan, die Dallas/Kiewiet-woonstelle in Tinktinkiestraat asook Gemsbok-, Bosbok- en Van der Stelstraat se woonstelle in Chicago met ’n nuwe voorkoms spog. Nie net gaan die woonstelle se mure en dakke geverf word nie, maar ook die vensterrame en handrelings.

“Die doel is om ’n helder voorkoms aan die informele en digbewoonde gebiede van Drakenstein te verleen,” het Gary Boshoff, gemeenskapdienste, Drakenstein-munisipaliteit gesê.

Volgens Boshoff gaan van die mense wat op die munisipale werkloosheidslys geregistreer is, by die opknapping van dié woonstelle betrek word.

“Alle kontrakteurs wat aangestel is, sal plaaslike werkers vir dié projek in diens moet neem. Inwoners van die woonstelle wat geverf word, sal voorkeur geniet,” het hy gesê.

Volgens die burgemeester, Conrad Poole, beoog hulle om met die projek die lewe van die mense in die gemeenskap te verryk en ’n hupstoot te gee.

“Ons is almal bewus van die daaglikse stryd wat mense in Suid-Afrika in die gesig staar, daarom wil ons as munisipaliteit wys dat ons omgee vir die waardigheid van ons mense. Die omgewing waarin ons woon, is uiters belangrik want dit gee ons ’n gevoel van trots en ’n plek waar ons behoort.

“Die Verf my storie-projek is ’n begin van ’n nuwe môre,” het Poole gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.