SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Paarl-inwoners reik uit na dié wat kos nodig het

Gegewe die aard van Suid-Afrika se ekonomie, armoede en die aantal haweloses op straat, is dit moeilik om te glo daar is steeds mense wat bereid is om geld vir vreemdelinge te gee.

Volgens ’n handjie vol barmhartige samaritane in die Paarl gaan die omstandighede hulle nie keer om honger mense se mae te vul nie.

Penny en Gert de Klerk, wat in Molenstraat bly, gee vir ongeveer 1 800 mense weekliks kos uit hul kombuis. Nadat hulle Facebook-blad, Paarl Cares, op die been gebring is, het talle mense uit alle oorde ingespring om te help. Vandag bestaan die Paarl Cares-span uit Lizette Jones, Jumien en Simoné Abrahams, Elamrie McClachlin en Japhta Williams.

Penny sê dat sy al van kleins af die behoefte gehad het om mense te voed. Saam met Gert het hulle hul woning ingerig om soveel maaltye as moontlik voor te berei.

“Mense wil nie swaarkry nie, hulle wíl daaruit kom,” sê Penny.

Om kos te maak volgens Penny is maklik, maar om dit by die inwoners kry wat dit die nodigste het, is heeltemal ’n ander storie. Die De Klerks het ’n netwerk tussen hulle, gemeen­skaps­werkers en diegene wat kennis dra van die behoeftiges in die dorp begin.

“Ons het mense in vyf gebiede wat kos uitdeel en hulle maak seker dat kinders van behoeftige huise by hulle eet sodat mense nie die borde kos kan verkoop nie”.

Sy sê dit is gemeenskapslede wat vertroud is met wie wat nodig het, wat hulle help.

Hulle verskaf ook elke dag 62 borde kos vir die Luthando Frail Care-sentrum in Joepatstraat in Groenheuwel.

Penny sê die reëls is nie in beton gegiet nie en “as jy honger is, sal jy kos kry”.

Hul Facebook-blad is veral geskep om inwoners in te lig oor hul projek en die mense se behoeftes. Penny sê hulle vind altyd ’n manier om te doen wat hulle doen, maar sê dat die skenkers die “ruggraat” van die projek is. Die blad se naam word na Paarl Doenit verander, want sê Penny, “ons wys hiermee dat ons dinge doen”.

En die maaltye wat hulle voorberei het, is heerlike geregte wat die nodige voedingstowwe bevat,” sê Penny.

Paarl Doenit dien nie net as ’n platform vir kosskenkings nie. “Ons aanvaar werklik enigiets wat ’n ander persoon kan help,” sê sy.

Penny sê hulle doen nie hierdie liefdeswerk vir erkenning nie, maar net om te help.

Sy bieg wel dat sy graag ’n groter kombuis wil hê waar sy die etes kan voorberei. Sy sê ook ’n groter stoof en yskas sal ook ideaal wees. “Die mense se nood is baie en baie meer kan gehelp word,” voeg sy by.

Diegene wat die inisiatief wil ondersteun, kan vir Penny by 079 128 9505 bel.

. A group of Paarlites are preparing 1 800 plates of food every week and distributes it through trusted commiunity members to those in need. The are currently providing 62 plates of food for the Luthando Frail Care Centre everyday. They said the initiative is a “calling”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.