Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarl loop deur in nóg ’n rooftog

’n Winkel in Noorder-Paarl wat aan buitelanders behoort, is Saterdag 12 September deur drie gewapende mans van byna R10 000 kontant en ’n onbekende hoeveelheid sigarette beroof.

Die Paarl-polisiewoordvoerder, kapt. Louise du Plessis, sê die verdagtes het na bewering ná 08:00 die winkel binnegekom en die slagoffer en ’n winkelassistent na die agterkant van die perseel gedwing waar hulle die goedere gevat het.

Die verdagtes het die slagoffer met die vuurwapens oor die kop geslaan voordat hulle in ’n nabygeleë voertuig gevlug het. Enigiemand met inligting word versoek om die Paarl-polisie by 021 807 4007 of 021 807 4008 te bel.

Paarl Post het voorheen berig dat ondernemings in Jupiter-, Kapla, Keerom-, Jan van Riebeeck-, Bergrivier Boulevard, Langenhoven-, Lang-, Pieter Wium-, Hospitaal- en Hoofstraat ook slagoffers van rooftogte in Augustus was.

Dit is nie bekend hoeveel mense reeds in hegtenis geneem is vir die misdade nie. . On Saturday 12 September, a foreign shop in North Paarl was robbed by three armed men of almost R10 000 cash and an unknown number of cigarettes.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.