Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarl-Oos-polisie bemoedig slagoffers om hulp te vra

Die jaarlikse 16 dae van aktivisme- veldtog teen geweld teen vroue en kinders het pas begin en die Paarl-Oos-polisiekantoor daag die gemeenskap uit om geweld teen weerloses te help staak.

“Dit is die begin van die 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders, maar reeds is verskillende voorvalle aangemeld waar vroue mishandel en aangerand is,” vertel kapt. Diana Linee, ’n polisiewoordvoerder.

Volgens haar moet elke vrou en kind weet wat die regte is wat hulle teen mishandeling beskerm, of dit nou fisiek, seksueel, emosioneel, sielkundig, verbaal of ekonomies is. Teistering, intimidasie, agtervolging en beskadiging van eiendom is ook deel van hul regte waarop hulle ag moet slaan.

“As jy ’n slagoffer van misdaad of geweld is, moet jy weet jy het die reg om deur die polisie bygestaan te word, om na ’n plek van veiligheid te gaan en die hulp van ’n maataskaplikediens­verskaffer te vra,” sê Linee. Vir nog inligting of om ’n voorval in Paarl-Oos aan te meld, bel die polisiekantoor by 021 877 5900.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.