Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarl-perfeksie in ’n glas te proe

Proe die beste van die beste met Proe Paarl en ervaar ’n wynfees­viering by Grande Roche-hotel Saterdag 7 Desember.

Van 11:00 tot 17:00 kan feesgangers ’n verskeidenheid wyne proe wat plaaslik en internasionale pryse gewen het.

Die manjifieke Grande Roche-hotel, ’n historiese monument en luukse vyfsterhotel, skep die perfekte milieu waar bekroonde wynmakers en wyn­liefhebbers mekaar kan ontmoet en kan netwerk.

Volgens Annelize Stroebel van Drakenstein-toerisme, is dit ’n uitsonderlike geleentheid om die Paarl as ’n voorste toerismebestemming vir wyn te bemark en te bevorder.

“By Proe Paarl, proe jy die beste van die beste, vier jy die verskeidenheid en gehalte wat ons wynstreek aanbied. Dit is ’n viering van ons wynmakers en hul ongelooflike prestasies gedurende die jaar en ek hoop dat dit die bewustheid van die Paarl se prominensie in die Suid-Afrikaanse wynbedryf sal verhoog,” sê Stroebel.

Kaartjies is teen R400 by www.quicket.co.za beskikbaar en R450 by die deur.

Die kaartjie sluit ’n wynglas en wynproeë van al die wyne wat uitgestal word in asook ligte verversings.

Geen onder 18’s sal toegelaat word nie.

Vir nog inligting besoek die webtuiste www.proepaarl.co.za of volg hulle by “VisitPaarl” op sosiale media.

. Drie Paarl Post-lesers kan elk ’n dubbelkaartjie na die fees wen. Beantwoord die volgende vraag op Paarl Post se facebookblad en ‘like’ en ‘share’ die Proe Paarl-advertensie daarop: Waar word Proe Paarl gehou?

Die kompetisie sluit 12:00 Vrydag 6 Desember.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.