Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarl-polisie lê klem op 16 dae

Die Paarl-polisie het besluit om dié jaar se 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders in goeie gees te begin.

’n Samekoms is vir Vrydag 23 November gereël en die polisielede is deur die departement van gesondheid, die Drakenstein-munisipaliteit, Sunfield Home, die Afrikaanse Christelike Vroue­vereniging en die Athlone House Of Strength vergesel.

Hulle het lekkers en pamflette uitgedeel. Die doel van die dag was om die polisie se inisiatief vir die 16 dae van stapel te stuur.

Volgens sers. Samantha Smith, ’n sosiale misdaadvoorkomingsbeampte by die Paarl-polisie, is die jaar se tema “ ’n dag in ’n vrou se skoene”. Smith was twee en ’n half jaar ’n maatskaplike werker voordat sy 10 jaar gelede by die Paarl-polisie aangesluit het.

Smith sê die tema is gekies omdat dit altyd van vroue verwag word om netjies en op hul plek te wees. “Ons is hier om te wys ons mag ook die lewe geniet sonder om bang te wees.”

Smith sê hulle het die geleentheid gebruik om mense aan te por om die polisie te help om voorkomend op te tree. Die hele gemeenskap moet help om geweld teen vroue en kinders te be­kamp. “Mense is geleer om nie busy bodies te wees nie en om hulle by hul eie dinge te hou, maar mense moet huishoudelike geweld aanmeld,” sê sy.

Sy sê dit het al gebeur dat ’n vrou ’n man uit selfverdediging noodlottig ge­wond het, maar dan word sy vervolg. “Daardie kinders sit dan sonder ’n ma en die pa is dood. “Die polisie hanteer sulke situasies baie sensitief; ons gaan nie net daar inbars nie,” het sy gesê.

*The Paarl police station started this year’s 16 Days of Activism with a bang. They held a demonstration at Shoprite in the CBD to raise awarness for the theme; “A day in the shoes of a woman”. The men dressed as women and the women dressed up in tutus and colourful wigs.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.