Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarl-rugbyheld sterf op 89

Die legendariese rugbyspeler van Paarl, Theunis Briers, is Sondag in die ouderdom van 89 in sy huis in Bloubergstrand aan vermoedelik ’n hartaanval dood.

Hy was een van die oudste oorlewende Springbokke.

Briers, destyds ’n boer van Agter-Paarl op sy plaas Karnmelksvlei, was ’n oud-Boishaaier en een van die talle Springbokke wat hierdie skool deur die jare opgelewer het.

Hy het eers vir Paarl-rugbyklub vleuel gespeel en daarna vir die Westelike Provinsie.

Dr. Danie Craven, wat veral deur Briers se krag en spoed beïndruk is, het hom in 1955 vir die Springbokke teen die Britse Leeu-toer gekies. Briers is in al vier toetse teen die Leeus ingesluit en het die jaar daarna teen Nieu-Seeland uitgedraf.

Hy het vyf drieë in sewe toetse gedruk.

Briers het in sy roemryke rugbyloopbaan in murg en been ’n Paarliet gebly en na sy boerderybelange omgesien. Hy was later direkteur van Windmeul Kelders, wat ’n paar jaar gelede ’n rooiwyn ter ere van hom gebottel en dit “The Legend” genoem het.

Die bekende oud-rugbyjoernalis Fritz Joubert het gesê hierdie boer van die Paarl was ’n baie sterk en vinnige vleuel wat moeilik gekeer is wanneer hy naby die doellyn gekom het.

“Briers het teen die Britse Leeu-toerspan in 1955 vyf drieë in vier toetse gedruk, wat in daardie stadium ’n rekord vir ’n Springbok op ’n SA veld was.”

Briers en sy vrou, Elna, het in Bloubergstrand afgetree.

Hy word oorleef deur Elna, sy kinders Ryk en Francois en Salome Weideman, asook vyf kleinkinders en ’n agterkleinkind.

Ryk het gesê hoewel sy pa ’n bekende op die rugbyveld asook in die landboubedryf was, was hy ’n toonbeeld van iemand wat niks in sy pad laat kom nie en positief in moeilike omstandighede gebly het – selfs nadat hy in sy tagtigs sy sig verloor het.

’n Gedenkdiens word môre 10:00 in die Agter-Paarl Geloofsgemeenskap (NG kerk Windmeul) gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.