Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarl wys Boland ‘bly beste plek’ om te belê

Paarl is in die kollig in ’n episode van Kyk of Koop? wat Maandag 10 Desember om 18:00 op VIA TV verskyn.

In dié program word gewys dat goeie waarde in Paarl vir eiendomsbeleggers, eerstekeerkopers en diegene wat wil afskaal, te vind is.

Die aanbieders en eiendomskenners Margot van Wyk van RealNet Paarl & Surrounds en Meyer Swanepoel van Tyson Properties het die opdrag gekry om vir hul Paarl-kopers ’n afskaalhuis te vind wat steeds groot genoeg is om aan hul vereistes te voldoen. Die episode fokus veral op huise wat goeie waarde vir kopers bied en wys dat die Boland die beste plek bly om te belê.

Heruitsendings op Saterdae om 16:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.