Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarliet se trok met petrolbom bestook

In ’n golf aanvalle op vragmotors wat die land geruk het, is ’n Paarlse vragmotorbestuur-der en eienaar van Huddlestone Logistics ernstig beseer toe hy Sondagoggend (1 Junie) met ’n petrolbom in sy vragmotor gegooi is.

Bernard Groenewald (49) en sy vrou se swaer, Jan Jansen (59), het die oggend omstreeks 01:00 langs die N1 sowat 10 km van Touwsrivier van die pad af getrek om in hul vragmotors te slaap toe petrolbomme deur hul vensters geslinger is.

Ciska Groenwald (50) het vertel haar man het uit sy vragmotor gespring terwyl hy gebrand het. “Hy het uitgespring en sy hemp afgeruk wat gebrand het.” Hy het ook sy enkel gebreek toe hy uitgespring het.

Jansen het daarin geslaag om sy vragmotor aan die gang te kry en het ongedeerd van die toneel af gevlug. Hy het toe vir Ciska gebel en gesê sy moet nooddienste ontbied waarna paramedici haar man langs die pad gevind het. Hy het 60% tot 70% brandwonde oor sy lyf opgedoen.

Hy is na ’n hospitaal in Worcester geneem waar hy onder verdowing in die waakeenheid gehou word. “Hy gaan nog vir ’n rukkie onder verdowing wees. Die dokters het gesê hy gaan weens die brand­wonde oor sy lyf in geweldige pyn wees as hy nou wakker moet wees. Hy kry medikasie om hom stabiel te hou,” het Ciska gesê.

Sy het gesê medici sê sy liggaam sal só vinniger herstel. Sy kon weens die verdo­wing nog nie met haar man praat om vas te stel presies wat gebeur het nadat hy uit die vragmotor gespring het nie.

Die polisie ondersoek ’n saak van poging tot moord en kwaadwillige saakbeskadiging. Niemand is teen druktyd in hegtenis geneem nie. • The Paarl-based owner of Huddlestone Logistics was seriously injured when a petrol bomb was thrown into his truck on Sunday morning (1 June) 10 km outside of Touws Rivier. His wife said he sustained 60% to 70% of burns across his body and is kept sedated.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.