Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Paarlse paartjie wen droomtroue

Die geluk van ’n verloofde Paarlse paartjie het selfs groter geword toe hulle ’n gratis sprokiestroue losgeslaan het.

Cathrine Westraadt (29) en Tobias Lombard (36) is op 14 Augustus by Die Damhuis in Melkbosstrand as wenners van Andriëtte Norman Events se Wen Jou Kaapse Troue-kompetisie aangewys.

Hulle sal op 30 November op die plaas 401 Rozendal buite Stellenbosch trou aan mekaar beloof.

Andriëtte Norman Events het 350 inskrywings ontvang, maar Cathrine en Tobias het die titel as oulikste paartjie losgeslaan.

Hul prys sluit ’n venue, fotograaf, videograaf, ’n ontwerper vir die rok, juwele, skoonheidsbehandelings, haarstilering en grimering, spyseniers, dekor, blomme, wyn, beligting, uitnodigings en ander versierings in.

“Ek het ’n advertensie vir die kompetisie oor die radio gehoor en eintlik daarvan vergeet.

“Ons het toe gedink, wat as ons storie iemand werklik raak?

“Ons het ’n week voor die sluitingsdatum besluit om in te skryf,” vertel Cathrine.

Cathrine, ’n gasvryheidsbestuurder by die Franschhoek-wyntrem, woon haar lewe lank al in die Paarl waarheen Tobias, ’n vleishandelaar, agt jaar gelede van Pretoria af verhuis het.

Hul liefdesverhaal het in Oktober 2015 uit ’n ander een voortgespruit toe hulle by ’n troue, toevallig op die plaas waar hulle nou self gaan trou, ontmoet het.

Op dié romantiese aand was Tobias die seremoniemeester en Cathrine het ’n vriendin vergesel.

“Hy’t my aandag getrek tydens sy toespraak oor die paartjie en hulle so mooi ingekleur.

“Ek was onmiddellik versot,” vertel Cathrine. Tobias het ook toe al oë vir haar gehad en vir haar gesê sy moet vorentoe skuif toe sy “weggekruip” het vir ’n foto by dié troue.

Hulle het toe vir sowat ’n jaar ná die troue kontak verloor, maar mekaar middel 2016 weer raakgeloop.

“Tobias het in September daardie jaar vir my gevra of ek sy meisie sal wees,” vertel Cathrine.

Hulle het in Junie 2017 verloof geraak, maar sy erken om ’n troue te reël, is ’n duur storie.

“Elke keer is dit ’n kar se band wat vervang moet word of die een of ander uitgawe en dan eindig jy by van jou spaargeld gebruik,” vertel sy.

Nou het die Paarlse paartjie uiteindelik hul sprokiestroue in die sakkie en hulle kan nie wag nie.

Cathrine sê sy sien uit na haar rok wat deur die bekende ontwerper Lena Lisa ontwerp gaan word.

“Tobias sien ook daarna uit om sy tande wit te laat maak,” grap sy, maar voeg by dat albei van hulle die meeste daarna uitsien om meneer en mevrou Lombard te wees.. Paarl couple Cathrine Westraadt (29) and Tobias Lombard (36) won their dream wedding in a competition by Andriëtte Norman Events. The all-expenses-paid event will be in November.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.