Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pad tussen Wellington en Hermon heelwat verbeter

Die Haaskraal-pad, ’n belangrike verbindingspad tussen Wellington en Hermon, word tans verbeter.

Dit is een van die min paaie in die Kaapse Wynland-distrik se munisipale gebied wat nie geteer is nie.

Hierdie stuk pad wat strek oor 24 km, waarvan ongeveer 10 km binne die grense van die Drakenstein-munisipa­liteit val, dra ’n groot hoeveelheid verkeer wat boerdery-verwant is en bedien ook Bergrivier Primêr.

Die verbetering van die Haaskraal-pad word uit die begroting van die Wes-Kaapse regering vir R20 miljoen gefinansier en kontrakteurs is reeds op die perseel.

Die projek sluit in die verbreding van die pad, die bou van stormwaterkanale en -dreine en die teer van die eerste 3,8 km van die pad.

Die verbetering sal die huidige instandhoudingskoste wat behels die opruiming en gelykmaking, die herstel van stormwaterskade en die hantering van oorstromings en oortollige modder, negeer.

Die opgradering sal ook bydra tot beter verkeersveiligheidstoestande vir motoriste.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.