Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pannekoek steeds ’n passie ná 20 j.

Douvoordag op Vrydag- en Saterdag­oggende in Normandystraat in die Paarl water jou mond al soos die geur van varsgebakte pannekoeke jou dag opkikker.

Die man agter die spatel is Johannes Horne wat reeds 20 jaar lank op grootmaat pannekoeke vir skool- en kerkgeleenthede bak. Hy en sy broer Marius Horne het destyds vir pret pannekoeke oor die kole begin bak.

“Die beste wat ons kon doen, was 1 000 pannekoeke op ’n dag. Tóé het ons gedink ons is goed,” skerts Johannes.

Hy het later ’n onderneming van dié stokperdjie gemaak terwyl Marius ’n elektroniese installasiediens bestuur het.

Só kreatief het Johannes geword dat hy met ’n pomp vir die pannekoekmengsel begin eksperimenteer het tot ’n punt waar hy en ’n assistent gemiddeld 1 700 pannekoeke binne ’n uur kon bak.

Sy pannekoeke is so gewild dat mense selfs kans sien om die lang pad van Vredendal aan te durf net om sy pannekoeke te koop. “Vandag is seker die eerste keer dat ek van agt verskillende mense op een dag bestellings kry,” het Johannes met Paarl Post se besoek laat hoor. “En nie een het ge-flop nie,” voeg sy 32-jarige dogter, Cindy Vermeulen, by. Sy en haar sibbe het van kleins af reeds gehelp met die pannekoeke vir ekstra sakgeld.

In die motorhuis waar hulle die pannekoeke optower, is drie fabriekstyl-gasstowe in ’n L-vorm met 52 vlammetjies aan die brand.

“Elke uur gaan ek deur agt kilogram gas,” vertel Johannes.

Hy is egter nie die enigste “pannekoekman” in die Paarl nie. Sy swaers is ook geliefd onder die skole op die dorp en hulle sal gereeld by Johannes kom aanklop indien hulle groot bestellings het.

En ná al hierdie jare van pannekoeke maak, kan Johannes steeds smul aan sy bederfkos. Hy sit gemaklik op ’n stoeltjie, gooi kaneelsuiker en lemoensap op sy pannekoek en rol twee of drie op ’n slag saam en verkondig uit volle bors: “Dammit, dis lekker!”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.