Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pas jou geld op en bly veilig

’n Man is sy Kersbonus kwyt nadat boewe hom ’n rat voor die oë gedraai het.

Die slagoffer het Saterdagoggend in Lady Greystraat naby Clicks gestap toe twee mans verby hom loop. Een het ’n plastieksak laat val wat gelyk het asof dit vol geld was. Die ander man was vinnig by die sak, het dit opgetel en in die slagoffer se sak gedruk. Die man het gesê hulle moet die geld deel. Hy het verder aan die slagoffer gesê dat daar R12 000 in die sak is, en daarom moet hy R3 000 aan hom gee en hulle kan die geld dan deel.

Die slagoffer het slegs R1 600 in sy besit gehad en het vir die verdagte gesê hy moet die res van die geld by die bank gaan trek. Die slagoffer het met die geld teruggekeer, dit aan die verdagte gegee en die sak “geld” by die verdagte gekry. Die verdagte het ook gesê hy moet sy selfoon as sekerheid gee en dat hulle dan kort daarna by ’n kitskosrestaurant sal ontmoet waar die geld verdeel sal word.

Die verdagte is met die slagoffer se R3 000 en selfoon weg terwyl hy gedink het hy het sy geld verdubbel. Hy kon egter nie sy nuuskierigheid bedwing nie en het die sak oopgemaak, net om ’n enkele R10-noot daarin te vind. Die res was opgesnyde stukke koerantpapier.

Die verdagte is nie weer gesien nie.. OTM-skelms is steeds besig om niksvermoedende mense by OTM’s te verneuk. In die jongste voorval is ’n Nederlandse toeris by ’n ABSA-OTM by Vineyard Spar van R7 700 beroof.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.