Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Perde pla steeds op Saron-pad

Jare lank al loop perde snags vrylik op die R44 tussen Gouda en Porterville rond en motoriste kan hulle dikwels nie sien voordat dit te laat is nie.

Paarl Post het voorheen berig dat talle botsings al gebeur het deurdat bestuurders teen hierdie diere vasry sonder dat enigiemand verantwoordelik gehou word.

Van die jongste voorvalle is ’n bakkie wat op 13 Junie teen ’n perd vasgery het en ’n ambulans wat ook onlangs op dieselfde pad in ’n botsing betrokke was. Gelukkig was die motoriste in albei gevalle ongedeerd.

Gerald Esau, direkteur van gemeenskapsdienste by die Drakenstein-munisipaliteit, sê die munisipaliteit het op 10 Julie met verskeie rolspelers vergader om die kwessie van die loslopende perde by Saron, sowel as die perde wat doodgeskiet is, te bespreek.

Die Vereniging van perde-eienaars, die dierebeskermingseenheid van Saron en die polisiediens het dié vergadering bygewoon.

’n Besluit is geneem dat vier vredesbeamptes aangestel sou word om die diereskut op Saron te bestuur, en dit het op 21 Julie plaasgevind.

Die skut sal in Augustus open.

Patrick Marsh, voorsitter en stigter van Saron Animal Welfare, het aan Paarl Post gesê hy is bereid om ’n groep saam te stel om die rondloperperde weg van die pad af te hou, maar het egter nie die toerusting of geld om die kostes daarvan te dek nie.

Volgens Esau is die volgende stap om weer met die perde-eienaars, sowel as die dierebeskermingsvereniging op Saron, te vergader.

Dié vergadering word vir Donderdag 13 Augustus beplan.

Nietemin was daar teen druktyd nie merkwaardige vordering om die probleem op te los nie.

Hoewel die perde nie meer in troppe beweeg nie, is daar nou ook enkele beeste wat snags oor die R44 loop.

Anton Burger, lid van die plaaswagpatrollie in Halmanshof naby Porterville, sê ’n botsing het Sondagaand amper op die R44 gebeur.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.