Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pionierskool bou voort op Covid-19

WORCESTER – Die Pionierskool vir siggestremdes is een van die instansies in die dorp wat genoodsaak is om vinnig aan te pas om steeds gehalte-, maar nou ook veilige, onderrig in die gemeenskap wat hulle dien, te verseker.

Standard het by dié bekende skool gaan inloer om te hoor wat van die nuwe maatreëls is wat ingestel is om die oriëntasie en mobiliteit van leerders te verseker.

“Die skool het ’n baie goeie bestuurspan en Covid-19-komitee om te verseker dat ons die pandemie by die horings te pak,” vertel oriëntasie en mobiliteitspesialis van Pionierskool, Melanie Smith.

“Die riglyne wat deur die onderwysdepartement deurgegee is, word voortdurend en op ’n daaglikse basis toegepas.”

Van die riglyne wat reeds ingestel is, is die daaglikse siftingsproses en toegangspunte tot skoolgeboue wat aansienlik verminder is.

“Onafhanklike beweging is die uiteindelike doelwit vir enigeen met siggestremdheid en dus is dit vir ons ’n prioriteit om ons leerders vertroud te maak met die skool en koshuise.”

Die skool het wegbeweeg van die gebruik van die wit kierie en siende gidse word ook nie meer gebruik nie. Verbale instruksies word nou deurgegee waar nodig.

“Onderwysers praat ook nou harder en stadiger om te probeer voorkom dat ’n dowwe klank geproduseer word. Die reiniging van hande, braillemasjiene en kieries neem ook nou baie meer tyd in beslag,” vertel Smith.

Van die nuwe tegnieke wat nou by die skool gebruik word, sluit die volgende in: . Ramble tag:

In plaas daarvan om die gebruiklike siendegidstegniek te volg, gebruik ons ’n ramble tag. Dit verhoed dat leerders aan die gids se klere of elmboog hoef te vat en vergroot natuurlik die afstand tussen die leerder en sy gids.. Beskermingstegniek:

Leerders draai die handpalm na binne sodat die buitekant van die hand met ’n oppervlak soos ’n muur kontak maak.. Traprelings:

Leerders moenie meer die volle hand oor die reling plaas nie, maar moet slegs met die buitekant van die hand en twee vingers liggies aan die kant van die reling raak.. Spoorsnytegniek:

Leerders wat wel die spoorsnytegniek moet gebruik, mag die buitekant van hul hand gebruik om net liggies met twee vingerpunte aan die muur te raak.. Verbale instruksies:

Om fisieke kontak so ver as moontlik te vermy, word verbale instruksies grotendeels gebruik om nuwe kierietegnieke aan te leer.. Nuwe, veiliger roetes:

In die O&M-kurrikulum is voorgestelde dorproetes waaraan leerders vertroud gemaak word.

Die leerders beweeg nou nie meer in besige gebiede nie en vertroudmaking geskied slegs by verkeersligte of stopstraataansluitings waar minder voetgangers is.

Pionierskool vir siggestremdes en die Instituut vir Blindes funksioneer steeds geheel en al afsonderlik van mekaar.

“Kommunikasie vind hoofsaaklik elektronies plaas en ons probeer tegnieke ontwikkel om by die nuwe normaal aan te pas.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.