Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Pistool’ laat man voet in hoek sit

’n Man het verlede week in Jan van Riebeeckrylaan ’n noue ontkoming gehad toe hy byna deur ’n “gewapende rower” gekaap is.

Dié voorval het Woensdag 3 Oktober helder oordag by die aansluiting van Jan van Riebeeckrylaan en Springbokweg en Bo-Dalpad gebeur.

Die slagoffer was in sy motor tussen Wellington en Paarl onderweg toe hy by die rooi verkeerslig moes stop.

Toe hy stop, was daar aan weerskante van die pad reeds ’n paar mans wat rondgedrentel het. Een van hulle het skielik met ’n vuurwapen op die motor afgestorm en dit op die bestuurder gerig.

Die bestuurder het agtergekom dat dit ’n speelgoedpistool is en het voet in die hoek gesit en die saak by die polisie aangemeld.

Die polisie waarsku die publiek om uiters versigtig te wees by Jan van Riebeeckrylaan tussen Paarl en Wellington.

Volgens ’n polisiewoordvoerder is soortgelyke voorvalle ook voorheen by hulle aangemeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.