Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaaswag reg vir die brandseisoen

Die sonskyndae is hier wat beteken die verwoestende brandseisoen kom ook nader.

Dié brande is lewensgevaarlik en rig jaarliks miljoene rande se skade aan die infrastruktuur aan – gelukkig is die Drakenstein-plaaswag (DFW) vanjaar goed voorbereid om brandbestryding makliker en beter te maak.

DFW spog met ’n nuwe hoëdruktoestel (UHP) wat deur ’n ingenieursmaatskap­py, wat spesialiseer in die ontwikkeling van toestelle vir brandbestryding, ontwerp is.

Die DFW is ’n organisasie sonder winsbejag en bestaan uit ’n span veiligheids­beamptes, brandbestryders en mediese personeel. Hulle werk hoofsaaklik in die Draken­stein-omgewing om misdaad te bekamp.

Volgens Daan van Leeuwen Boomkamp, voorsitter van die DFW, bestry hulle jaarliks sowat 300 brande in hierdie gebied.

Aangesien die verskillende brande wat hulle in die gesig staar verskeie uitdagings meebring, het hulle ’n behoefte aan gevorderde toestelle om hul pogings te versterk.

Die hoëdruktoestel sal nie die gebruiklike manier van brandbestryding vervang nie, maar help wel om die brande te blus.

“Die voordeel is: Genoeg water, minder skade, meer onderdrukkingskrag, vinniger reaksie in die afgeleë gebied, goedkoper, plaaslik ontwikkel en vervaardig, makliker om deur brandweermanne te hanteer en slegs twee-man-bemanning is nodig,” sê Van Leeuwen Boomkamp.

Dit sal veral die blus van brandende grasdakhuise vergemaklik omdat die water in die plafon gespuit kan word en onmiddellik die hitte en lug absorbeer, waarna die brand vinnig geblus sal word.

Die DFW het die verkoopreg op die toestel en belangstellendes kan e-pos stuur na Drakensteinfw@gmail.com of die beheerkamer by 0860 666 662 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.