Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaatjies en medebeskuldigde se appèl misluk

Die veroordeelde moordenaar, Nigel Plaatjies, van bekende Wellingtonse skrywer, Winnie Rust, se verlof tot appèl is gewei­er.

Nou sal Plaatjies en sy mede­beskuldigde die appèlhof in Bloem­fontein nader met ’n soort­gelyke aansoek om voor ’n vol­bank hul saak te stel.

Die beskuldigdes is 14 Maart tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op die skrywer Winnie Rust.

Hulle het Rust 11 Mei 2016 in haar huis in Wellington vasge­bind en haar verwurg of ver­smoor. Daarna het hulle ’n bran­dende kers voor ’n oop gasstoof gelos in ’n poging om die huis af te brand.

Nigel se regsverteenwoordiger van Regshulp SA, Yasmin Rajap, het aangevoer sy ouderdom is nie in ag geneem toe hy gevon­nis is nie.

Rajap het verder aangevoer hy is ’n eerste oortreder en daar bestaan ’n goeie kans dat hy gerehabiliteer kan word.

Steyn het die aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.