Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plaveisel die antwoord vir Paarl se ou paaie

Heelwat van die baie ou strate in Drakenstein het tot so ’n mate verswak dat dit herbou moet word.

Van hierdie strate se vorige boumetodes was van so ’n aard dat moderne stutlae nie daarvoor bestaan nie. Sou hierdie paaie op die konvensionele metode herbou word, sal dit beteken dat alle laagwerke gedoen moet word, wat relatief duur sal wees.

Drakenstein-munisipaliteit gebruik nou plaveisel as alternatief om die ryoppervlakte te vervang. In hierdie geval word daar nie nuwe stutlae gebou nie, maar die konstruksie word so uitgevoer dat ’n stabiele onderbou geskep word met die plaveisel wat verdere strukturele ondersteuning verleen en as slytlaag dien.

Carel Lotz, waarnemende direkteur: Ingenieursdienste by die munisipaliteit het gesê dat hierdie beginsel egter nie in alle gevalle gevolg kan word nie, veral waar swaarvoertuie dikwels die betrokke paaie gebruik en daar deurlopend ’n hoë volume verkeer is.

Hy het gesê dat hierdie toepassing hoofsaaklik in baie ou strate soos byvoorbeeld Zion-, Gimnasium-, Bethal- of Olyvenstraat gebruik sal word of in ’n mindere mate in meer moderne omgewings soos byvoorbeeld die Lane.

Weliswaar is die konstruksiekoste heelwat laer en sal daar in die toekoms aan meer strate soos byvoorbeeld Nantes aandag geskenk word, mits die munisipale begroting dit toelaat.

Tans word Bethelstraat met plaveisel opgegradeer.• Bethel Street in Paarl is the latest street to be paved instead of tarred in Paarl, not only a financial saving, but also in the long term a more practical solution for Paarl roads.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.