Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie gryp in by derby-wedstryde

’n Plaaslike derbywedstryd wat beloof het om baie pret vir die leerders te wees, het egter in ’n opstootjie ontaard toe oudstudente langs die veld gewelddadig geraak het.

Die voorval was Saterdag 1 September kort ná afloop van die oudstudente-rugbywedstryd tussen LK Zeeman en Sonop Primêr in Klein Drakenstein.

Die skoolhoof van Sonop, Roland Davey, het talle kere probeer om die bakleiers in bedwang te bring en selfs aangedui dat die wedstryd van die o.13A-rugbyspelers afgestel gaan word as die bakleiery nie ophou nie.

Hy het ook gesê dat die ouers nie ’n voorbeeld vir die leerders met hul gedrag langs die veld stel nie.

Die bakleiery het egter voortgeduur.

Kort hierna het pandemonium losgebars toe ’n groep mans die skoolperseel met pangas betree het om die bakleiery voort te sit.

Die Paarl-polisie asook die PACR-sekerheidsmaatskappy is na die toneel ontbied.

Die hoofwedstryd het later voortgegaan nadat die polisie daarin geslaag het om die bakleiers tot bedaring te bring.

Die o.13A-rugbyseuns van Sonop het L.K. Zeeman 7-5 geklop.

Volgens ooggetuies het chaos ook by die jaarlikse derby van Nederburg Primêr en Amstelhof Primêr die afgelope naweek losgebars.

’n Betroubare bron het aan Paarl Post vertel dat ’n ouer na bewering die skeidsregter by die o.13A-rugbywedstryd met die vuiste wou bykom.

“Ek dink die skole moet volgende jaar meer sekerheid reël en ouers moet leer om ’n voorbeeld vir hul kinders te stel,” het die anonieme bron gesê.

Nederburg en Amstelhof het die o.13A-rugbywedstryd gelykop (10-10) gespeel.

Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, het die voorval bevestig.

“Die polisie het later opgedaag en die res van die dag ’n sigbare teenwoordigheid gehandhaaf.”

 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.