Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie steeds op soek na moordverdagte ná skietery

’n Moordenaar is steeds op vrye voet nadat ’n jongman koelbloedig doodge­skiet is.

Francois Williams (24) het Donderdag omstreeks 20:00 in Oorbietjiestraat, Chicago, ná ’n skietvoorval op die toneel gesterf.

Volgens kapt. Diana Linee, polisie­woord­voerder, is die omstandighede rakende Williams se dood steeds onbekend.

Linee vertel: “Met die polisie se aan­koms op die toneel het die oorledene op sy maag gelê. Hy is drie keer geskiet. Die skote het sy middellyf, sy maag en sy linkerkantse bolyf getref.”

Die Paarl-ambulans is na die toneel ontbied en Williams is op die toneel dood verklaar.

Niemand is nog vir die moord op Williams in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting wat kan help met die moordondersoek, kan die polisiekantoor by 021 877 5900 skakel. Alle inligting word vertroulik hanteer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.