Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie vind 29 sakke dagga in minibus

Die polisie het 29 sakke dagga in ’n minibusvoertuig naby Klapmuts ontdek en daarop beslag gelê.

Lede verbonde aan die Boland-honde-eenheid het Maandagoggend ’n verdagte voertuig langs die N1-snelweg opgemerk.

Luidens ’n polisieverklaring deur die Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, lt.kol. Andrè Traut, het ’n inspeksie van die voertuig gevolg en die dagga met ’n straatwaarde van sowat R680 000 is daarna gevind.

Altesaam nege verdagtes tussen die ouderdom van 25 en 45 is in hegtenis geneem.

“Sodra die verdagtes aangekla word sal die verdagtes in die Paarl-landdros- hof op aanklag van handel met dwelms verskyn,” het Traut gesê.

Die omstandighede rakende die saak word steeds deur die polisie ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons

NETWERK24 Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.