Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisieman glo besope in motor

’n Polisieman wat glo besope agter die stuur van ’n polisievoertuig was, het teen twee stilstaande voertuie vasgery.

Die voertuig het boonop teen ’n inwoner se baksteenmuur tot stilstand gekom.

Die polisieman, wat in Wellington woon, is kort ná die botsing wat Saterdag 4 Augustus omstreeks 17:30 in Springbokstraat, Wellington, gebeur het, aangekeer.

Die polisieman was nie ten tyde van die voorval aan diens nie, maar het met ’n Philadelphia-polisievoertuig rondgery.

Ooggetuies op die toneel het aan Paarl Post vertel dat die polisiebeampte, wat glo van ’n rugbywedstryd af gery het, teen ’n hoë spoed in Springbokstraat, Van Wyksvlei, gery en beheer oor die voertuig verloor het. Die voertuig het ’n stilstaande bakkie en ’n motor getref.

Inwoners het met die groot slag na buite gehardloop en die Wellington-polisie na die toneel ontbied.

Gerugte lui nou dat skoolmeisies saam met die polisiebeampte in die motor was.

Die meisies het na bewering uit die motor gespring en van die toneel gevlug voordat die polisie opgedaag het.

Die polisieman het ligte beserings opgedoen en is met die Paarl-ambulans na Paarl-Mediclinic gebring.

Die polisievoertuig is later deur JF Towing na die Philadelphia-polisiekantoor gesleep.

By navraag aan die Wellington-polisie het kapt. Basil Seekoei, ’n polisiewoordvoerder, geantwoord: “Die Wellington-speurders ondersoek ’n saak van bestuur onder die invloed van alkohol asook ’n klag van roekelose en nalatige bestuur.

“Dit blyk die lid het beheer oor die voertuig verloor en teen voertuie wat langs die pad geparkeer was, gebots.”

Seekoei sê die saak word ondersoek, en ’n afsonderlike departementele ondersoek sal van stapel gestuur word.

“Die uitkoms hiervan sal nie in die media bespreek word nie, aangesien dit ’n interne proses is,” sê Seekoei.

. An off-duty police officer from the Philadelphia police station lost control of the police vehicle he was driving on Saturday, while allegedly driving under the influence of alcohol.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.