Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Poole eers later terug

Die burgemeester van Drakenstein, Conrad Poole, sal sy pligte as burgemeester eers van 9 Julie af hervat.

Dit volg nadat Poole Saterdag 13 April ’n ligte beroerte gehad het en ’n wyle in die Mediclinic Paarl was.

Die onderburgemeester, Gert Combrink, het kort daarna gesê Poole se spraak was ietwat aangetas. Poole het ook fisioterapie ontvang.

Paarl Post het Poole op verkiesings­dag (Woensdag 8 Mei) afgeneem waar hy sy kruisie in Conradstraat gaan trek het. Poole het met sy kenmerkende glimlag gesê hy is “blakend gesond”.

Combrink het gister (Woensdag) op navrae oor Poole se welstand geantwoord dat dit goed gaan met die uitvoerende burgemeester.

Die onderburgemeester (Combrink) sal intussen steeds die rol as waarnemende burgemeester vervul.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.