Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
‘Probleemkind’boelie weer

Boeliegedrag is ’n wrede werklikheid wat elke dag ’n invloed op almal kan hê.

Wanneer die woord boelie opduik, maak dit die meeste kinders en volwassenes angstig.

’n Graad 4-leerder van Paarlzicht Primêr in Paarl-Oos is die nuutste slagoffer wat onder boelies gebuk moet gaan. Volgens sy pa, wie se naam nie bekend gemaak word nie om die minderjarige kind te beskerm, is sy seun deur ’n graad 7-skoolkind oor ’n naweek met ’n mes gedreig en van sy geld beroof.

“Toe ek die voorval by die waarnemende skoolhoof aanmeld, het hy juis vertel dat dit dieselfde kind is wat voorheen ’n onderwyser geklap en nog ’n opvoeder met ’n baksteen gegooi het. Die kind is toe geskors.”

Maar met Paarl Post se navraag aan die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het die skool die bewerings ontken.

“My kind, wat van graad R af by die skool is, word al die afgelope drie jaar by sy skool geboelie. Elke dag is dit net ’n nuwe probleem waarmee hy by die huis aankom. My kind, wat eens op ’n tyd so lief was om skool toe te gaan, is nou bang en weier om soggens op te staan. Dit maak ons as ouers hartseer omdat probleemkinders so handuit ruk en ander wil seermaak. Ek voel daar word nie genoegsame hulp vir daardie probleemkind aangebied nie,” vertel die bekommerde ouer.

Die boelieslagoffer se pa moes sielkundige hulp vir sy seun inroep wat hom nou ook ekstra geld uit die sak jaag.

“As dit saans donker word, is ek al so senuweeagtig vir ons seun wat verskriklik ruk van bangheid in sy slaap. Ek as ouer het nie ’n geruste hart by my werk as ek heeltyd myself moet bekommer of my kind by die skool veilig is nie.”

Die skool het juis vroeër vanjaar ouers na ’n praatjie genooi sodat die polisie asook korrektiewe beamptes hulle kon toespreek om die belangrikheid van dissipline te beklemtoon.

“Wat gaan die departement doen om die boelies te rehabiliteer om op te hou om kinders seer te maak?” wil die moedelose ouer weet.

By navraag het Millicent Merton van die WKOD gesê: “Die skool het aangedui dat die bewerings van afknouery nie by die skool aangemeld is nie. Die leerder het aan een van die onderwysers gesê dat ’n kind geld opgetel het. Volgens die skool het die leerder nie ’n spesifieke leerder geïdentifiseer nie.”

Maar omdat boeliegedrag by alle skole voorkom, het Merton die beleid en prosedures deurgegee.

 “Die WKOD het ’n beleid genaamd ‘Abuse no More’ geïmplementeer wat riglyne verskaf aan skole oor die hantering van enige vorm van mishandeling, insluitend oortreders,” sê Merton.

 Die riglyne verskaf advies oor die aanmelding van voorvalle van mishandeling, hoe om slagoffers te ondersteun en hoe om met oortreders om te gaan.

Besoek www.wcg-antibullying.co.za oor wat om weens ’n geboelie te doen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.