Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Publiek word toegang tot Bethel-Chevé-terrein verbied

PAARL – Die skoolhoofde van Hoërskool Labori, Johan Batt, en Laerskool Paarl Gimnasium, Danie le Roux, het onlangs in ’n gesamentlike brief misnoeë uitgespreek oor die onwettige gebruik van die Bethel-Chevé-sportterrein deur die publiek.

“Ons het talle klagtes ontvang oor die toenemende aantal mense wat die Bethel-Chevé-velde vir verskillende rekreasie-aktiwiteite benut,” het die hoofde gesê.

Hierdie situasie is vir die skole ’n groot bekommernis aangesien hulle volgens die staatskoerant die gebruik van die sportterrein kan verloor indien daar nie aan die inperkingsmaatreëls gehoor gegee word nie,” lui die brief.

Batt en Le Roux het gesê inwoners wie se erwe aan die sportterrein grend, het nie outomaties die reg tot toegang tot die terrein nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.