Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pype later eers vervang

PAARL - Inwoners van Evanstraat in Paarl-Oos is raadop oor die toestand van dié straat omdat waterpype telkemale hier bars.

’n Inwoner, wat verkies om nie sy naam te laat publiseer nie, sê hy verstaan die pyp is al baie oud en daarom bars dit elke keer. Hy sê egter dit sal die Drakenstein-munisipaliteit moontlik baie minder kos om die pyp te vervang as om dit elke keer te herstel.

“Elke keer bars die pyp, dan kom kap hulle die pad op, maak die plek reg en dan moet dit weer geteer word. Twee tot drie dae later dan bars die pyp weer en dan moet alles weer oorgedoen word.”

Die inwoners voel ook dat die teerwerk nie op peil is nie omdat dit baie vinnig gate in kry.

Die inwoners wou ook weet of die munisipaliteit nie ’n inspekteur het wat die werk van kontrakteurs goedkeur voordat hulle daarvoor betaal word nie.

“Sodra dit reën, is ons opritte vol modder en dan moet [ons] dit maar elke keer skoonmaak.”

Volgens Marius Wüst, uitvoerende direkteur by ingenieursdienste, weet die munisipaliteit van die pype wat gereeld in Evanstraat se omgewing bars.

“Pype in die Paarl- en Wellington-gebied word ingevolge ’n prioriteitslys en beskikbare geld vervang. Evanstraat is op die lys waar pype in die toekoms vervang sal word,” het Wüst gesê.

Hy sê teerwerk word wel deur die munisipaliteit geïnspekteer voordat goedkeuring vir betaling geskied.

“Hierdie spesifieke teerwerk is afgekeur en moet oorgedoen word. Die Drakenstein-munisipaliteit vra verskoning vir enige ongerief.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.