Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Raaisel om verbrande bakkie op berg

Talle vrae word gevra nadat ’n brandende bakkie Donderdag (4 Okto­ber) om­streeks 08:50 deur Paarl-polisielede op Paarlberg naby die amfiteater gevind is.

Volgens die polisiewoordvoerder kapt. Louise du Plessis is die polisie onmiddellik na die toneel ontbied nadat ’n lid van die publiek hulle in kennis gestel het.

Du Plessis het gesê terwyl die polisie na die toneel omgesien het, het die eienaar van die voertuig die bakkie as gesteel by die Paarl-polisiekantoor aangemeld.

Die bakkie is volgens Du Plessis in die vroeë oggendure vanuit die eienaar se erf by De Zoete Inval gesteel.

“Die eienaar was verpletter om uit te vind dat haar voertuig nie net gesteel is nie, maar van al sy dele gestroop is en aan die brand gesteek is,” het Du Plessis gesê. Sy sê sy weet nie waarom die bakkie aan die brand gesteek is nie en sê dit is die eerste keer dat die Paarl-polisiekantoor met só ’n saak te doen kry.

Die bakkie se eienaar was woedend toe sy ’n foto van wat van die bakkie oor is op Facebook gelaai het.

. A bakkie which had been stolen in Paarl was found burnt out on Paarl Mountain by police last week.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.