Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Raakvatboek jou perfekte lafenis vir dié seisoen

KuierCombo Somer is jou raakvatboek hierdie seisoen. Wanneer die dae langer en warmer word, smag jy na lekker, ligte geregte wat maklik is om te maak én jou gesin se hart sal steel.

KuierCombo is al jare ’n staatmaker in menige huis en hierdie spesiale uitgawe is geen uitsondering nie. Dit bevat ’n verskeidenheid resepte – van slaaie, vleis en smullekker seekos tot iets vir die soettand. Daarby het ons wenke vir jou huis, tuin en alles wat jou lewe gaan vergemaklik. Of jy nou jou huis net wil skoonmaak of idees soek om dit mooi te maak en geld te bespaar, is jou antwoord net hier.

KuierCombo Somer 2018 is van Maandag 3 Desember af landwyd te koop teen slegs R25.

Twee Paarl Post-lesers het ’n geleentheid om hierdie heerlike somerboek te wen. Whatsapp jou naam en die naam van die skrywer van die resep hieronder na 066 484 3728.

Probeer gerus hierdie heerlike resep en nog vele meer:

Cajun- gebraaide garnale

Genoeg vir 4

Bestanddele:

2-3 eetlepels Cajun-speserymengsel* (resep onder)

400 gr. garnale (sonder doppe), ontvries

1 ui, fyngekap

4 eetlepels botter

½ teelepel sout

Vars suurlemoensap

Vars koljander vir garnering

Metode:

Soteer die ui in die botter tot sag. Voeg die garnale en speserymengsel by en braai tot gaar. Druk vars suurlemoensap oor die garnale. Garneer met vars koljander en bedien dadelik met snytjies Franse brood.

* Cajun-speserymengsel

2 eetl. sout

2 eetl. rooipeper

2 eetl. knoffelpoeier

2 eetl. paprika

1 eetl. gedroogde origanum

1 teel. gedroogde tiemie

1 eetl. varsgemaalde swartpeper

1 eetl. uiepoeier

Meng al die bestanddele vir die speserymengsel saam in ’n fles. Hierdie speserymengsel kan vir tot vier weke geberg word. Dit werk ewe goed op vis, vleis en hoender.

(Resep deur Samantha Liedeman.)

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.