Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rastas uitgesit; dagga bly agter

’n Maande lange kat-en-muis-speletjie het op ’n plaas in Dutoitskloofpas afgespeel toe ’n groep Rastafariërs die leegstaande plaas “oorgeneem” het.

Sowat 40 mense, onder andere ’n groot aantal kinders, het hul intrek op die plaas De Poort, kort voor die ou tonnel in die pas, geneem. Die besetters kom volgens inligting van die Chester Williams-plakkerskamp in Paarl-Oos.

Die hoofman is glo ene Jeffrey Joe wat al verskeie kere met die gereg gebots het oor sake soos onder meer die besit van dwelms asook seksuele wandade.

Die plaas staan al ’n geruime tyd lank leeg, maar is vroeër vanjaar verkoop.

Die groep het die plaas met die aanbreek van die Covid-19-pandemie beset en geweier om hulle te onttrek. Die landswette het hulle beskerm, want in die tyd van inperking mag mense nie uit blyplekke gesit word nie, al het hulle onwettig opgetree.

Die nuwe eienaar van die plaas het egter onlangs wel daarin geslaag om ’n hofbevel te bekom om die mense te laat verwyder.

Maar tydens die afgelope maande is heelwat kommer uitgespreek oor die situasie op die plaas, wat as ’n kampong beskryf is.

Die kinders, van so jonk as sewe jaar oud, het sonder hul ouers daar gewoon en verskeie aantygings doen die ronde dat hulle gedwing is om dagga te gebruik en aan seksuele dade blootgestel is.

Maatskaplike werkers het gereeld daar besoek afgelê, maar is glo met vyandigheid deur die volwasse inwoners ontvang.

Maatskaplike werkers het twee weke gelede onder polisiebegeleiding op die plaas toegesak en agt kinders van die perseel af verwyder en na ’n plek van veiligheid geneem.

En verlede Dinsdag het die balju en die polisie die res van die inwoners met ’n wettige dagvaarding van die perseel af verwyder.

Volgens bronne is ’n hele daggaplantasie op die plaas gekry. Die plaashuis is ook erg gevandaliseer.

Geen amptelike strafregtelike klagtes is nog teen enigiemand aanhangig gemaak nie.. After months of illegally occupying a farm in Du Toits Kloof pass, a group of Rastafarian squatters were eventually removed last week. During the removal, police discovered a large dagga plantation on the farm.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.