Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Restaurante wag nog vir finale reëls oor heropening

Talle bedrywe het net langer as ’n week gelede gejuig toe die president nog verslappings in die inperkingsregulasies aangekondig het.

Veral restaurante is die afgelope drie maande erg op hul knieë gedwing, maar baie sien nou die lig aan die einde van die tonnel met die aankondiging dat aansit-besoeke by restaurante toegelaat gaan word.

Maar dit was die laaste hoor hiervan.

Die president het in dieselfde asem gesê die minister van toerisme sou verlede week reeds verdere inligting verskaf oor die regulasies waarvolgens aansit-restaurante hul deure so kon heropen.

Teen druktyd gister (Woensdag 24 Junie) is geen verdere woord nog hieroor gerep nie.

Susanna Tecklenburg, mede-eienaar van Oude Wellington, die gewilde wynlandgoed-restaurant aan die voetheuwels van Bainskloof, het gesê dit is uiters frustrerend om nie te weet wat voorlê nie.

“Aan die een kant is ons baie opgewonde om weer reg te maak om gaste te kan ontvang, maar aan die ander kant kan ons nog geen voorbereidings tref nie. Ons weet nie hoeveel gaste in een sitting toegelaat sal word en of ons drank sal mag bedien nie. Ons kan dus byvoorbeeld geen aankope doen nie.”

Verder sê Tecklenburg dit was “hel” sedert einde Maart vanjaar. “Ons het bykans alles verloor. Hier staan nog verseëlde bokse voorraad wat ons vir die week van die Epic-fietstoer bestel het. Ons het in daardie een week alleen baie inkomste verloor, om nie eens te praat van die afgelope maande toe ons inkomste stilgestaan het nie. Altesaam 19 groot gesellighede is ook afgestel.”

Die wêreldberoemde Epic-fietstoer, wat vanjaar weer in en om Wellington beslis sou word, bring ’n broodnodige finansiële inspuiting vir plaaslike ondernemings. Die toer was die eerste slagoffer van Covid-19 toe die organiseerders dit nog voor die inperking op die nippertjie afgelas het.

Devon Matthews, die eienaar van Hussar Grill in die Paarl, sê hy is ’n week ná die president se aankondiging dat hulle hul deure vir aansit-gaste kan heropen, stomgeslaan dat nog geen aanduiding oor die reëls waarvolgens hulle sal moet werk, ontvang is nie. “Ons sal eers as ons weet wat dit is, daadwerklike besluite oor ons heropening kan neem. Indien ons byvoorbeeld baie beperkte hoeveelhede mense mag ontvang en nie drank mag bedien nie, sal ons twee keer moet dink of dit finansieel die moeite werd is om te heropen.”. Restauranteurs are still waiting in anticipation to hear how and when they will be able to function as a sit down facility again.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.