Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Reusekoek ten bate van leeus

Die bakker en suikerkunstenaar van Wellington waaroor Paarl Postverlede jaar berig het, is terug met nog ’n reusekoek.

Dié keer het Dot Klerck ’n koek van vyf leeus gemaak. Laasjaar het Dot ’n lewensgrootte koek van ’n olifant en haar kalfie gemaak waarvoor sy ’n internasionale toekenning ontvang het.

Nou, met haar nuutste meesterstuk, het sy ’n reusekoek van ’n leeumannetjie- en -wyfie met drie welpies gebak en versier.

Klerck sê leeus word op ’n onetiese wyse hanteer aangesien geblikte jag in Suid-Afrika wettig is. Sy werk saam met ’n organisasie genaamd Four Paws.

“Hulle probeer geblikte jag bekamp deur mense bewus te maak dat hulle die bedryf verkeerdelik ondersteun,” het sy gesê.

Sy verduidelik dat mense wat welpies gaan vashou en vryf, dink hulle help om die diere te bewaar.

“Ongelukkig ondersteun hierdie mense net die probleem,” sê Klerck.

“Dié welpies word na sirkusse geneem en wanneer hulle ouer word, word hulle vir geblikte jag as trofeeleeus gebruik.”

Sy sê ook inteling onder leeus op gebliktejagplase is problematies en dit bedreig leeus se bestaan as ’n spesie.

Die koek het omtrent 400 ure geneem om klaar te maak. Klerck sê sy het koek, sjokolade, fondant en versiersuiker gebruik om die koeke te versier.

Haar inkopielys het die volgende bestanddele bevat: 300 eiers, 50 kg suiker, 50 groot plaatkoeke, 50 kg versiersuiker, 100 kg sjokolade, 140 kg fondant en 80 kg modelleersjokolade vir die beeldhouwerk. Die mannetjieleeu se maanhare is gemaak van wat sy “mieliebaard” noem.

“Ons het al in November begin mieliebaard versamel. ’n Mielieboer in die area het dit vir ons gehou. Jy sal nie glo hoe min jy eintlik per mielie kry nie,” spot sy.

Sy het die leeus self geverf met behulp van haar assistent Elmarie Louw.

Klerck sê die koek het sowat R120 000 gekos om te skep en sy het haar borge vir hul bydrae bedank.

Die koek is verlede naweek by die V&A Waterfront uitgestal waarna dit opgesny en aan verskeie liefdadigheidsorganisasies geskenk is.

* Wellington’s own master baker has once again baked and decorated a very special, and large, cake. Last year she baked a cake depicting an elephant and her calf; this year it was a pride of lions.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.