Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rivierswemmery duur steeds voort

Daar was reeds ’n paar baie warm dae in die vallei die afgelope maand en dan is dit weer tyd vir inwoners om in die Bergrivier te baljaar.

Op sulke dae word swemmers, veral jong kinders, sonder toesig in die Bergrivier gesien – in die omgewing van die Bergrivier Boulevard van die voetgangersbrug by die Arboretum, tot by die keerwal naby die Markstraatbrug.

Dít ten spyte van die feit dat daar duidelike waarskuwingstekens is dat geen swemmery in die rivier toegelaat word nie en dat daar elke jaar verdrinkings hiér plaasvind.

By ’n onlangse navraag hieroor aan die Drakenstein-munisipaliteit, asook veiligheidsprosedures rakende die komende somermaande, het die munisipaliteit slegs weer beklemtoon dat swem in die Bergrivier nie toegelaat word nie.

Hulle kon egter nie verder uitbrei oor enige “plan” wat in werking gaan tree dié somer nie.

Die Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) het vroeër vanjaar self ingespring om hier ’n veilige omgewing vir swemmers te skep aangesien die owerhede nie die bul by die horings wou pak nie. Hulle het helderpienk reddingsboeie op verskeie plekke langs die oewers aangebring, maar ongelukkig word dit gereeld beskadig of gesteel.

Simone Bantam, waterveiligheids­instruktrise van die NSRI, het gesê om verdrinkings te voorkom, het hulle sedert 2017 landwyd al ongeveer 750 helderpienk reddingsboeie by strande, riviere en damme aangebring.

“Vier van hierdie reddingsboeie is ook vroeër hierdie jaar in die Paarl, op die oewer van die Bergrivier, aange­bring omdat verskeie verdrinkings oor die jare hier plaasgevind het.

“Die doel van hierdie helderpienk reddingsboei is dus om ingegooi te word na die persoon in die water en sodoende dien dit as ’n dryf-apparaat. Die borde waaraan hierdie boeie hang, verskaf belangrike inligting soos oor hoe om die boei te gebruik, die noodnommer om te skakel asook die liggingsnommer wat die NSRI dan in staat stel om te sien by watter plek die spesifieke boei gebruik is.

“Ongelukkig het van die boeie en pale weggeraak, maar met die gemeenskap se betrokkenheid en voortgesette bewusmaking, sal die boeie op hul plek wees indien dit benodig word.

“Indien iemand ’n persoon sien wat dit geneem het, moet hy asseblief versoek word om die boei weer terug te plaas. So kan ons almal help om lewens te red!”

Simone het ’n inwoner van die Paarl en eienaar van Sunset Boulevard Riverlodge op die oewer van die Bergrivier bedank vir die toesien daarna dat die boeie langs die Bergrivier altyd op hul plek is en gereed is wanneer dit benodig word.

Om verdrinkings te voorkom, bied Simone ook praatjies by skole aan om kinders bewus te maak van die gevare van water.

Die lesse is heeltemal gratis en enigiemand is welkom om haar by 076 378 5083 te bel.. The summer has barely gotten underway but already many people are swimming in the Berg River even though it is not permitted here. And the Drakenstein Municipality has no plan as to safeguarding the public.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.