Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rondloperdiere op paaie pla al jare lank

’n Man van Mbekweni het verlede week ’n noue ontkoming gehad toe hy teen ’n bees vasgery het.

Die man, wat nie sy naam genoem wil hê nie, vertel hy was omstreeks 06:40 op pad werk toe die voorval plaasgevind het. Hy vertel hy het glad nie die swart bees in die donker gesien nie.

“Daar is ’n gedeelte in Jan van Riebeeckweg, van die verkeerslig in Mbekweni in die rigting van Paarl, waar die ligte af is. Toe die bees van die middelman reg voor my motor inloop, was dit te laat. Ek kon nie rem nie,” vertel hy.

Die man se Opel Corsa het groot skade opgedoen, maar die man vertel dat slegs sy rug verskriklik pyn. Hy is ook nie seker hoe hy nou by die werk gaan kom nie omdat die skade aan sy motor aansienlik is en dit nie verseker is nie.

“Ek besef dit kon soveel erger gewees het, ek kon dood gewees het,” vertel hy.

Neil Visser van die Wellington DBV is ook na die toneel ontbied. Volgens Visser het die bees ernstige beserings opgedoen en was sy been gebreek. Visser moes die dier op die toneel van kant maak.

Die wilde diere wat daagliks die pad in dié omgewing oorsteek is nou al jare lank ’n groot probleem vir padgebruikers.

Die beeste wei tot sover soos Mediclinic Paarl sonder enige toesighouer.

Talle inwoners wat daagliks die pad gebruik wou weet wanneer die Drakenstien-munisipaliteit teen die diere se eienaars gaan optree.

“Drakenstein-munisipaliteit bevestig dat die munisipale diereskut operasioneel is en dat beeste reeds by verskeie geleenthede geskut is,” het Gary Boshoff, uitvoerende direkteur: gemeenskapsdienste, geantwoord.

“Die doel van die munisipale skut is om diere wat onwettig op openbare paaie stap of wei, te skut en aan te hou – ingevolge die munisipale regulasies. Voordat dié diere vrygelaat kan word, moet die eienaar(s) van die diere eers die voorgeskrewe skutfooi betaal,” het Boshoff verduidelik.

“’n Diereskut is noodsaaklik sou klagtes ontvang word en diere van Drakenstein se paaie verwyder moet word om die veiligheid van padgebruikers te verseker,” het Boshoff gesê.

Die diereskut is teen ’n koste van R150 000 gemoderniseer, maar oor die jare is bewys dat die skut en vrylaat van die beeste beslis nie ’n oplossing vir die probleem is nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.