Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rowers slaan ’n tweede keer toe

Drie gewapende rowers het Sondag 29 September kort voor 21:15 ’n tweede keer by dieselfde winkel in Paarl-Oos toegeslaan en hierdie keer met selfone en duisende rande gevlug.

Kapt. Anthony Sauls, ’n woordvoerder van die Paarl-Oos-polisie, het bevestig dat die voorval by ’n winkel in Klein Drakenstein­weg plaasgevind het.

Volgens Sauls het die klaer gesê hy en sy familie het in die winkel gesit en domino’s speel toe twee mans die winkel binnestap en voorgee hulle wil iets koop.

“Die een man wou sigarette koop, maar het skielik ’n vuurwapen uitgehaal en dit voor ’n werker se kop gehou en op geld aangedring,” vertel Sauls.

’n Derde verdagte het hierna die winkel ingestap.

“Die werker wat vir sy lewe gevrees het, het toe aan die verdagtes ’n groot hoeveelheid geld asook sy selfoon oorhandig,” het Sauls gesê.

Die rowers het daarna op die vlug geslaan.

Niemand is al weens die rooftog aangekeer nie. Sauls waarsku alle sakeondernemings om te alle tye op hul hoede en paraat te wees.

“Die rowers besoek plekke en gee voor dat hulle iets wil koop, net om te kyk hoe die stelsel by dié plekke werk.”

Enigiemand met meer inligting oor die voorval kan die Paarl-Oos-polisie by 021 877 5900 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.