Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Rowers vlug die berg in ná hul juwele en selfone steel

Drie rowers het Maandag omstreeks 00:00 op die plaas Montpellier op die R45-pad toegeslaan.

Die onbevestigde aantal verdagtes het na bewering twee gaste in ’n kothuis, wat deel van ’n gastehuis is, aangekeer.

Kurt Maske, die bekende gemeen­skaps­lid wat gereeld op misdaad- en ongelukstonele reageer, sê twee mans het die kothuis binnegegaan, een met ’n klapmus en een met ’n gewone mussie, waar hulle ’n vrou in die sitkamer aangekeer het. Die verdagtes het glo met ’n derde persoon buite gekommunikeer wat die slagoffer nie gesien het nie.

Hulle het haar glo gevra waar haar man is waarop sy geantwoord het dat sy nie getroud is nie. Hulle het toe vir haar gevra vir geld, maar sy het verduidelik dat sy net ’n besoeker is en dat sy nie ’n groot bedrag geld by haar het nie.

Die verdagtes het toe by ’n ander vertrek ingegaan waar haar seun gelê en slaap het en die vrou het vir hulle geskree om nie haar seun seer te maak nie. Met dié noodkrete het die seun, vermoedelik in sy vroeë twintigs, na die gastehuis se kantoor gehardloop. Die bestuurder het glo die paniekknoppie gedruk en só hulp ontbied.

Dit is onbekend of die rowers enige wapens by hulle gehad het omdat die slagoffers geen wapens gesien het nie. Met die owerhede se aankoms het die verdagtes reeds in die rigting van ’n omliggende berg gehardloop. Hulle het selfone en juwele gesteel en daar word verneem dat niemand in hegtenis geneem is nie.

Groot Drakenstein-polisiekantoor het teen druktyd nie op Paarl Post se navrae gereageer nie.

• A women and her son were targeted by three robbers while staying in a guest house on the farm Montpellier. They fled the scene with jewellery and cell phones. No arrests have been made.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.