Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
SA Kaasfees net al hoe beter

Wat beskryf kan word as Suid Afrika se grootse wyn-en-voedselfees, die Suid-Afrikaanse Kaasfees wat van Vrydag 26 tot Sondag 28 April op Sandringham buite Stellenbosch plaasvind, gaan ná 18 glorieryke jare steeds van krag-tot-krag.

Soveel so dat indien jy nie vroegtydig jou kaartjie kry nie, gaan die fees in alle waarskynlikheid reeds vooraf volbespreek wees.

Die fees het destyds begin by Bridge House buite Franschhoek as “net nog ’n klein plattelandse fees”, maar uit die staanspoor was die fees so gewild dat dit byna dadelik na ’n groter perseel verskuif moes word. Dus was die fees se nuwe tuiste toe Bien Donne-proefplaas in Simondium. Maar steeds het die ge­wild­heid van die fees gegroei en later moes die fees weer na ’n groter perseel skuif, dié van Sandringham.

Kaartjies moet ook vooraf gekoop word en is nie op die dag by die hekke beskikbaar nie.

En jou Kaasfees-kaartjie gee jou waarde vir geld – jou toegangskaartjie koop vir jou inderdaad ’n hele verskeidenheid van lekker-doendinge vir die dag, onder meer:• The Cheese Emporium: Die hart van die SA Kaasfees waar jy die grootste ver­skeidenheid kase – ou gunstelinge én innoverende nuwes – onder een dak kan proe en koop. • The Italian Experience: ’n Splinter­nuwe toevoeging spesiaal geskep in samewerking met Food Lover’s Market. Kom stap kuier-kuier deur die piazza en ervaar Italiaanse gasvryheid én gastronomie in oorvloed – van Mozzarella en olywe tot Provolone, Prosciutto di Parma, pasta, pesto en meer. • The Tasting Room: Kaas trou hier met wyn, bier en elke nuwe gier. Kom kyk, luister en proe teen geen ekstra koste nie . . . en ervaar interessante smaak­kombinasies saam met bekende foodies soos The Kate Tin (Katelyn Allegra) en The Food Fox (Ilse van der Merwe), asook saam met die gewilde Bok Radio Brekfis-duo Wimpie en Le-Lue! • Raak-’n-bietjie-rustig-dag: Vrydag 26 April ’n werksdag? Nooit! Dis dan betaaldag – perfek vir ’n luilekker kuierdag saam met jou hele boek-, tuin-, hekel-, koffie-, rolbal-, of ryklub! Kyk uit vir “Raak-’n-bietjie-rustig-pakkette” vir groepe en kom ontdek die fees teen jou eie pas.• Ontmoet boetiekkaasmakers: Kom ondersteun entrepreneurs wat ten spyte van die droogte van heinde en ver kom om hul unieke handgemaakte kase aan kaasliefhebbers bekend te stel!• The Cape Made Kitchen: Kom ervaar proe-proe hoe sjefs van die Private Hotel School toor met kaas, brood en alterna­tiewe produkte te danke aan ’n ooreen­koms tussen die Wes-Kaapse departement van landbou, Hortgro, die Melkprodu­sente-organisasie (MPO), Graan SA en Agri-Expo. As ’n bonus is daar ’n gratis resepteboek om huis toe te vat!• Onthou-oomblikke: Dit raak net beter jaar ná jaar! Die SA Kaasfees is ’n gewil­de plek om verjaarsdae en herdenkings te vier (of om jou wederhelf te ontmoet à la glanssjef Bertus Basson).

Verder is daar oudergewoonte lekker musiekoptredes op die ritme van gewilde plaaslike kunstenaars, ’n speelplek vir die kinders asook die geleentheid vir hulle om met skape, beeste en bokke nader kennis te maak.

Die SA Kaasfees bevorder die verantwoordelike gebruik van alkohol, dus bied hulle pendeldienste en taxi’s vir ’n fees vol gemoedsrus aan.

Die feestye is daagliks van 10:00 tot 18:00. Sandringham is gerieflik langs die N1 geleë, Stellenbosch-afdraai (uitgang 39), tussen Kaapstad en die Paarl.

Kaartjies kos R180 per persoon per dag. Senior burgers betaal R120 en kinders tussen 2 en 13 jaar R20, en is beskikbaar by Computicket. Kaartjies vir The Connoisseurs’ Experience kos R950 per persoon (slegs mense bo 18 jaar) en is beskikbaar by Claudine Wagner by claudine@agriexpo.co.za.

Vir die volle program besoek www.cheesefestival.co.za.• Een Paarl Post-leser kan ’n dubbel­kaartjie vir die fees wen deur die Kaasfees- berig op ons facebookblad te share. Hou Paarl Post ook oor die volgende paar weke dop vir nog ’n Kaasfees-kaartjie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.