Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sake hoop op teen sakeman

’n Plaaslike sakeman wat teregstaan op talle aanklagte van bedrog en diefstal verskyn Vrydag 18 Mei in die Bellville-handelshof.

Die Paarliet Henry Vaughan het volgens die aanklagte teen hom nie net inwoners van die Paarl, Paarl-Oos en Mbekweni glo met duisende rande bedrieg nie, maar na bewering mense selfs tot in Tulbagh en Kraaifontein ’n rat voor die oë gedraai.

Vaughan is ’n voormalige SA liggaamsbou-, gewigoptel- en bokskampioen wat hom as eiendomsagent in die media adverteer het. Die modus operandi was volgens die klagstaat om deposito’s van voornemende huiskopers te neem, waarna die mense nooit weer hul “deposito’s” gesien het nie.

Vaughan het op 22 Junie 2017 in die Bellville-handelshof verskyn op verskeie aanklagte van bedrog en diefstal.

Die handelshof is ’n gespesialiseerde hof wat diefstal-, bedrog- en korrupsiesake hanteer.

In 2016 is sowat 15 bedrogklagte teen Vaughan ondersoek waarvan die meeste sake ooreengestem het. Die bedrae van elke klaer is tussen R20 000 en R60 000.

Die Paarl-Oos-polisie ondersoek ook verskeie soortgelyke sake.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.