Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Salonne ná drie maande weer oop

PAARL – Die hare het reeds Saterdagoggend by die Scissors on Main-haarsalon in Noorder-Paarl gewaai nadat die salon sy deure die eerste keer in byna drie maande kon oopmaak.

Haarsalonne en ander bedrywe in die persoonlike versorgingsbedryf kon die afgelope Vrydag om middernag weer begin sake doen – drie dae voordat die DA se hofsaak oor die verbod op handel in die bedryf in die Wes-Kaapse hooggeregshof aangehoor sou word.

Die skoonheidsbedryf, wat ook nael-en-voetsorgsalonne, ondernemings wat gesigsbehandelings, grimering en massering doen en tatoe-ateljees insluit, was sedert 27 Maart gesluit toe die grendeltyd in werking getree het.

Vir Antoinette Coetzee, eienaar van Scissors on Main-haarsalon, bring die heropening van die skoonheidsbedryf groot verligting.

Sy het nietemin op ’n stadige infasering besluit met beperkte personeel en kliënte op die perseel.

“Dit kan dalk later verander, maar ons gaan stadig begin. Ons het natuurlik baie sitplekke en ’n kliënt beweeg glad nie uit haar sitplek nie; die kaartmasjien word na haar geneem sodat hulle glad nie meer hoef rond te loop nie,” vertel Antoinette.

Ingevolge die veiligheidsreëls wat in die Staatskoerant uiteengesit is, moet stiliste maskers dra wat gereeld skoongemaak word, afsprake moet gemaak word om lang rye te vermy, almal moet gereeld hul hande was en ’n veilige afstand moet so ver as wat moontlik is, toegepas word.

Jacky Vos, die eienaar van die Top to Toe-salon in die Paarlse middedorp, erken dit is ’n groot aanpassing, maar sê salonne was selfs voor die Covid-pandemie een van die mees higiëniese werksomgewings.

Met Paarl Post se besoek Maandag 22 Junie is alle oppervlaktes waaraan mense kan raak, gereeld ontsmet en sekere gebiede is afgebaken om veilige afstande te handhaaf.

Hardi Swart, die eienaar van Barber Club, sê hulle is baie dankbaar dat hulle weer kan sake doen. Hoewel sy werknemers WVF-betalings ontvang het, verduidelik Swart dit “het nie ’n duik in die uitgawes” gemaak nie.

Hoewel hulle op kort kennisgewing moes rondstaan om die perseel Saterdag vir kliënte reg te kry, het dit gehelp dat hulle voorheen reeds al die nodige persoonlike beskermende toerusting aangeskaf het. . Hairdressers and beauticians are ecstatic this week to be up and running again after having been forced into complete lockdown for almost three months.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.