Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sekuriteitswag skiet vrou, self

“Hy het gesê hy wil net privaat met sy vrou praat. Toe ek my rug op hulle draai, hoor ek net hoe die skote klap.”

So vertel ’n erg getraumatiseerde ooggetuie (wat verkies om naamloos te bly) wat die treurspel Sondag 3 Februarie kort ná 12:00 moes aanskou toe Thandekile Nini (42) eers sy vrou, Andiswa Sinqobile Gunuza (38), geskiet en daarna die vuurwapen op homself gedraai het.

Die tragedie het in die ou Paarl-Oos-polisiekantoor se gebou op die hoek van Solomonsstraat en Klein Drakenstein­weg afgespeel. Gunuza, ’n sekuriteits­wag vir Farm Guard, was hier aan diens. Die tragedie het hom reg voor die oë van verskeie van Gunuza se kollegas afgespeel.

Gunuza is per ambulans na die Mediclinic Paarl vir noodbehandeling geneem. Sy is later die dag na die Tygerberg-hospitaal oorgeplaas.

Nini is op die toneel dood.

Die egpaar, wat in Mbekweni woon, was na bewering kort voor die voorval in ’n stryery betrokke.

Verder is inligting aan Paarl Post verskaf dat Nini, wat ook ’n sekuriteitswag was, saam met ’n ander man by sy vrou se werkplek opgedaag het. Die man wat Nini vergesel het, het kort ná die voorval spoorloos verdwyn.

Die Paarl-Oos-polisie is na die toneel ontbied. “Met die aankoms van die polisiebeampte op die toneel was Gunuza nog by haar bewussyn en het sy aan polisiebeamptes gesê haar man, wat homself daarna doodgeskiet het, het haar geskiet,” sê kapt. Diana Linee, polisiewoordvoerder van die Paarl-Oos-polisiekantoor.

’n Klag van poging tot moord asook ’n saak van selfdood word nou deur die polisie ondersoek.. In wat blyk nog ’n saak van groteske gesinsgeweld te wees, is ’n vrou, Henley Paulse (53), met vermoedelik ’n koevoet doodgeslaan. Die voorval het verlede Donderdag (31 Januarie) in Alexastraat, Paarl-Oos, kort voor 03:20 plaasgevind.

Kapt. Linee het gesê die polisie is ná ’n klagte van gesinsgeweld na die woning ontbied. Met hul aankoms op die toneel het die verdagte gesê dat hy sy vrou in die huis ernstig aangerand het. Die polisiebeampte het verder ondersoek ingestel en gesien dat die oorledene stil op ’n bed lê en in ’n wit nagrok geklee was.

Linee vertel: “Die polisiebeampte het vertel dat die verdagte aan haar gesê het dat hy sy vrou met ’n koevoet geslaan het en haar daarna skoongemaak en albei se bebloede klere verwyder het.”

By nadere ondersoek het die polisie op ’n koevoet afgekom.

Die 58-jarige man, Davey Paulse, is in hegtenis geneem en het op ’n aanklag van moord op sy vrou in die hof verskyn. Paulse is in aanhouding en die saak is tot Woensdag 27 Februarie vir verdere ondersoek uitgestel.

“Gesinsgeweld is ’n groot bekommernis. Slagoffers wat onder geweld gebuk gaan, kan ons traumakamer by die polisiekantoor besoek of by 021 877 5900 bel,” sê Linee.

* Domestic violence once again made headlines after a woman was shot at her workplace by her husband who then shot himself. In another case a 58-year-old man has been charged with the murder of his wife who was beaten with a crowbar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.