Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Sentrum steeds daar vir almal

Die Wamakersvallei-opleidingsentrum buite Wellington was die droom van Irené de Waal, ’n geregistreerde verpleegkundige, om werkloosheid aan te pak, maar ook om versorging aan bejaardes en ander sorgbehoe­wende mense te bied.

Die hoofdoel van dié sentrum, wat reeds in 1998 geopen het, is om bekostigbare opleiding aan minderbevoor­regtes en werklose mense te bied en hulle op te lei in die veld van bejaarde- en kleutersorg, salonassistente en kookkuns. Nie net word hulle met praktiese vaardighede toegerus nie, maar bekom hulle ook lewensvaardighede en kennis.

Oor die afgelope 10 jaar is kursusse soos die tuisversorging, opknappingskursus, ontvangsdame, ’n 10-dag-kookkuns en die salonassistente bygevoeg, ook ander korter kursusse byvoorbeeld higiëne in crèches, kinderveiligheid en voeding in crèches. Klantediens, spyseniering en persoonlike ontwikkeling is ook by verskeie ondernemings aangebied.

Volgens Elsabe Lintvelt, die semtrumbestuurder van Wamakersvallei, is kursusse kort, maar geweldig omvattend en stel die teoretiese inhoud en die praktiese ervaring die student in staat om dadelik opgeneem te word in enige werksomstandighede.

“Ander plaaslike opleidingsinstan­sies vereis ’n hoër geletterdheidsvlak van die student en het duurder kursusse wat strek oor langer periodes. Wamakers is gevestig in die gemeenskap en ons opleiding is alombekend ook by die naburige dorpe,” het Lintvelt gesê.

Mense wat graag een van die kursusse wil volg, moet minstens 16 jaar oud wees en oor ’n graad 9-sertifikaat beskik. Vir die tuisversorgingskursus is matriek ’n aanbeveling.

Studente ontvang slegs ’n bywoningsertifikaat, maar Lintvelt sê in 2021 sal die akkreditasieproses afgehandel wees waarna die tuisversorgingstudente ’n geakkrediteerde sertifikaat sal ontvang.

Die Covid-19-pandemie het ook vanjaar uitdagings vir Wamakersvallei-opleidingsentrum ingehou.

Lintvelt sê studente het wel maskers, sowel as gesigskerms tydens klastye gedra en dat deeglike reiniging volgens Covid-19-voorskrifte toegepas is, maar dat fisieke afstand ’n uitdaging was omdat byna al die studente van taxi-vervoer gebruik maak.

Volgens Lintvelt kon hulle ook nie afstandsonderrig toepas nie aangesien die studente nie almal toegang tot selfone, data en die internet het nie.

Praktiese onderrig is steeds in tehuise gedoen.

“Ons moes geduldig wag totdat sommige van die ouetehuise en crèches oopgestel is voordat ons die praktiese opleiding kon voltooi.”

Sy sê met Covid-19 bly dit finansieel ’n uitdaging omdat hulle slegs die helfte van die studente kon registreer as gevolg van die reëls rakende fisieke afstand en ook omdat hulle vir ’n hele kwartaal gesluit was en dus ook daardie inkomste verloor het.

“Baie van die borggelde waarop ons in die verlede kon staatmaak, is vir kospakkies gebruik. Daar is in die verlede bydraes deur die Drakenstein-munisipale wyke en Wynland-distriksmunisipaliteit gemaak. Tot op hede het geen van die aansoeke ’n werklikheid geword nie.”

Lintvelt het ook gesê haar droom is dat elke student wat hul paaie kruis as mens sal groei, persoonlike geborgenheid sal ervaar en die eerste tree sal gee na ’n nuwe lewe of ’n nuwe loopbaan.. Wamakersvallei Training Centre, provides training which is a much needed and affordable service, giving individuals the opportunity to further their career.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.