SWART-VRYDAG-AANBOD! Betaal slegs R9,99 vir die eerste twee maande as jy nou ’n intekenaar word. Spring gou!
Nuus
Skakelforum gestig

Die Drakenstein-gemeenskapsforum bestaande uit die belastingbetalersvereniging, die Drakensteinse sakekamer en die Paarl Afrikaanse Skakelforum is onlangs gestig om saam ’n oorhoofse gemeenskapsforum te vorm.

Die forum sal op onderlinge samewerking fokus ten einde diverse optredes en aksies te fasiliteer. As gemeenskaplike spreekbuis wil die forum met die Drakenstein-munisipaliteit in gesprek tree oor probleme rakende belasting- en tariefverhogings vir belastingbetalers.

Die eerste gesprek is onlangs onder leiding van die voorsitter van die belastingbetalersvereniging, Cas van Wyk, vergesel van die voorsitters van die sakekamer, Dirk Breytenbach en Carel Stander van die Paarl Afrikaanse Skakelforum, by die kantoor van die munisipaliteit met die stadsbestuurder, Johan Leibbrandt, en ander senior lede van die raad gehou.

’n Memorandum is by die geleentheid aan die burgemeester, die stadsraad en die stadsbestuur oorhandig.

“Omdat die gemiddelde korporatiewe geheue van stadsraadslede en -bestuur relatief kort is weens die voortdurende wisseling van wyksraadslede en sleutelposte in topbestuur, is ’n terugskouing gegee van gebeure en kwessies wat sedert 2011 onder bespreking was, maar waar in baie gevalle nie gehoor daaraan gegee is nie,” het Van Wyk gesê.

“Die punt is, onder meer, dat voorleggings agt jaar gelede reeds gedoen is deur ’n vorige koukusleier en lede van ’n paar wyke oor die buitensporige verhogings in byvoorbeeld eiendomsbelasting, elektrisiteit- en watertariewe wat in werking gestel is. Ook dat jaarliks net verdere verhogings op hierdie relatief hoë bedrae bygevoeg is wat hierdie tariewe met die impak van die menigvuldiger-effek eksponensieel laat styg het.

“Voormelde voorleggings is voorgehou as aanduiding dat min of nie veel aandag tot dusver geskenk is aan verskeie belastingbetalersversoeke nie. Spesifiek ook op strategiese vlak, soos byvoorbeeld geen verdraagsaamheid vir oortredings van munisipale regulasies en landswette die afgelope bykans agt jaar nie.”

Die forum het voorts voorgestel dat ’n eenvormige basis vir die jaarlikse berekening van die verhogings van belasting en tariewe daargestel word en aan die belastingbetalers bekend gemaak word.

Tans word verskeie stelle persentasies van verhogings in tariewe voorgehou en aangekondig, wat nie net verwarring meebring nie maar ook agterdog by belastingbetalers skep oor die bona fide-bedoeling van die munisipaliteit.

“Dit blyk dat die nasionale tesouriedepartement munisipaliteite landswyd versoek het om munisipale tariewe met minder as die inflasiekoers aan te pas,” het Van Wyk beklemtoon. “Aangesien die munisipaliteit nie aan hierdie versoek van die tesourie gehoor gegee het nie, behoort plaaslike belasting­betalers oor die redes daarvoor ingelig te word.”

Indringende vrae is gestel oor die buitensporige verhoging in die begrotings van personeelkostes die afgelope paar jaar én die verhoging in die begro­ting van 17,6 % vir die 2018-’19-boekjaar.

Volgens die stadsbestuur word dit deur die South African Local Goverment Association (SALGA) bepaal en word van hulle verwag om dit bloot te implementeer.

Die forum het ook sy ernstige kommer oor die werksetiek en produk­tiwiteit van sommige amptenare en werkers op sekere vlakke uitgespreek.

Hoewel die nadele van te veel lenings teen vaste rentekoerse oor lang termyne reeds voorheen aan die bestuur uitgewys is, word daarmee volhard en blyk dit dat die algehele leningsbedrag saam met die nuwe lenings wat vanjaar opgeneem gaan word, op R1,6 miljard te staan sal kom, wat nagenoeg 67% van bedryfsinkomste sal beloop, vergeleke met ’n metingsmerk van slegs 50%.

Die forum het aanbeveel dat ’n meer aanvaarbare riglyn van 30% gebruik word.

Mense wat meer inligting oor die forum wil bekom of wat betrokke wil raak, kan Van Wyk by 021 863 1046 bel.

. A community forum has been initiated to monitor municipal adequacies and inadequacies. The public is invited to become involved with this.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.