Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skeidsregters trap vir naaste

Die Western Province Referee Charity Ride-projek in samewerking met die Chester Williams-stigting het die afgelope naweek die Chester Williams informele nedersetting in Paarl-Oos besoek waar hulle klere en kos aan inwoners geskenk het.

Dié projek het sy ontstaan te danke aan skeidsregters wat tydens die inperking besluit het om mede-skeidsregters en hul families wat hul werk verloor het te help.

Cornelius Petersen, die stigter van die inisiatief en projekleier het sy eerste fiets gekoop en ’n paar ander skeidsregters genader om te begin fietsry, hoofsaaklik om hul fiksheid op peil te hou in die afwesigheid van rugby hierdie jaar. Tydens die ritte het hy en Elias Jacobs die behoefte aan liefdadigheid in die rugbygemeenskap geïdentifiseer en besluit om hierdie projek te begin.

Die projek stel hom ten doel om die beeld van die skeidsregtersvereniging in die Westelike Provinsie te bevorder, maar ook om aktiwiteite tussen skeidsregters te koördineer ten einde die welwillendheid en samewerking tussen hulle te verseker. Hierdie groep fietsry-skeidsregters is opgewonde oor die belangstelling onder mekaar en veral om ses uit die top-15-skeidsregters in die provinsie in hul midde te hê.

Petrus van der Merwe, wat verlede seisoen benoem is as die skeidsregter van die jaar in Westelike Provinsie, is een van diegene wat sedert die ontstaan van die projek betrokke is en sy toewyding weekliks wys.

Ander skeidsregters is Elias Jacobs, Ashley Jacobs (Paarliet), Ettiene de Wee, Gershwin Knozer, Peter Victor, Clarence Santi, Efriam Manuel, David Mentoor, Jan Koordom en die besoe­kende Lions-skeidsregter, Enrico Plaatjies.

Volgens Petersen het die projek oor die afgelope paar maande reeds duisende inwoners in die Kaapse voorstede van kos en klere voorsien.

Verskeie skeidsregters en organisasies sonder winsbejag het sedert die ontstaan van die projek reeds hierby baat gevind. Gevolglik het die behoefte aan ’n vennootskap om ’n meer doeltreffende diens daar te stel ook ontstaan en het Cornelius en Elias die Chester Williams-stigting genader om hul vennoot te wees.

“Hierdie besluit was eenvoudig en geïnspireer deur die feit dat Chester Williams soos ander ontslape helde ook die nodige respek en eerbied behoort te verdien,” het Petersen gesê.

Maria Williams, wyle Chester se vrou, het onmiddellik die doel begryp en sonder huiwering die geleentheid aange­gryp. Sedertdien het die vennootskap suksesvol ontwikkel en uitgebrei in so ’n mate dat die WP Charity Riders binnekort hul amptelike fietsryklere­drag gaan ontvang wat deur die stigting geborg gaan word.

Met die vennootskap beoog hulle om meer minderbevoorregte gemeenskappe te ondersteun in hierdie moeilike ekonomiese tyd. Terselfdertyd wil hulle inwoners vra om skenkings te maak aan hul vereniging.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.