Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skok ná leerder skielik sterf

Hartseer oomblikke het op die eerste skooldag van die vierde kwartaal in Wellington afgespeel toe ’n leerder skielik op die perseel inmekaar gesak en kort daarna gesterf het.

Anzelle Sheldon (16), ’n gr.10-leerder aan die Hoërskool Wellington, is vermoedelik aan ’n hartaanval dood op pad na Paarl-hospitaal.

Volgens ooggetuies by dié skool het Anzelle en haar vriende oudergewoonte Dinsdagoggend van die koshuis by Bergrivier Sekondêr na die Hoërskool Wellington gestap.

“Toe ons by die skoolhek instap, het Anzelle skielik ineengestort en op die grond geval. Ons het dadelik na die sekretaresse vir hulp gehardloop. Die sekretaresse het noodhulp toegepas terwyl daar op die ambulans gewag is,” vertel een van haar vriendinne.

Sy is met die ambulans na Paarl-hospitaal gehaas.

Intussen het ’n bekommerde skoolhoof, Harvey Cupido, haar ouers, wat in Hermon woon, van die voorval in kennis gestel.

Hulle is inderhaas na die hospitaal, maar met hul aankoms daar is hulle ingelig dat Anzelle reeds dood is.

’n Geskokte Cupido en sy leerders asook personeel het hul medelye met haar familie betuig.

Cupido beskryf Anzelle as ’n rustige kind en sy sal altyd onthou word as ’n netbalspeler.

’n Roudiens is dieselfde dag ter ere van Anzelle by die skool gehou.

Teen druktyd is die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

. Drie Drakenstein-leerders, Albanice Minnaar (15), Andrea Davids (12) en Jody Julies (5) het in Augustus ook skielik gesterf.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.