Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skok vir DA in verkiesing

Die DA het ’n skok by die stembus verlede week in die tussenverkiesing van Drakenstein wyk 3 gekry.

Hoewel hy die tussenverkiesing gewen het, het sy steun met byna 50% gedaal.. 2020 DA: 1 214; 2016 DA: 2 376. 2020 ANC: 263; 2016 ANC: 304 . 2020 EFF: 123; 2016 EFF: 68. 2020 VF Plus: 232; 2016 VF Plus: 42

Die ANC en EFF het ook ’n noemens­waardige daling getoon, maar die Vryheidsfront Plus het ’n sterk groei getoon.

Die nuwe DA-raadslid vir wyk 3, wat die ontslape Elize Smit nou vervang, Damon Mentoor, het gesê stempersentasies is gewoonlik laer in ’n tussenverkiesing, juis omdat talle mense moet werk en nie die geleentheid kry om te stem nie.

Hy het gesê daar is vele uitdagings wat vir hom voorlê waarna hy uitsien.

“Wyk 3 is ’n diverse wyk omrede die helfte van die gebied in ’n dorpsgebied val en die ander is ’n landelike gebied. In die dorpsgebied is dit belangrik om goeie dienslewering te handhaaf. In die landelike gebied mik ons om geleenthede en opleiding vir jongmense te vind wat vir hulle werksgeleenthede kan bied.

“Daar is ook ’n groot bevolking bejaardes wat sorg nodig het en ons gaan versorgingsprojekte en dies meer op die been bring.”. Although the DA won the recent by-election in Ward 3, the have lost considerable support.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.