Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole mag nie self (be)sluit nie

PAARL - Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) het dit duidelik gemaak dat niemand, insluitend beheerliggame, skole mag sluit behalwe die departement self nie.

“Ons herhaal: Dit val nie binne die skoolbeheerliggaam se mandaat om ’n skool te sluit nie, en om ’n skool te sluit sonder toestemming van die hoof van die departement sou onwettig wees,” sê Bronagh Hammond, ’n WKOD-woordvoerder.

Die huidige pandemie stook groot vrees onder leerders, ouers en opvoeders, maar die departement het riglyne uiteengesit wat gevolg moet word.

Die afgelope paar weke sedert skole heropen het, moes talle skole in die Drakenstein weer tydelik sluit as gevolg van positiewe koronavirus-gevalle.

Klein Nederburg Sekondêr het verlede week en die week vantevore ook eerstehands met die virus te doene gehad.

Mary Banda, die skoolhoof, het verlede week gesê: “Ons het twee leerders wat positief getoets is – een verlede week en een vandag (17 Junie)”. Volgens Banda is die skool nie gesluit nie omdat die betrokke leerders nie in klaskamers was nie.

Enkele leerders van die Hoër Jongenskool Paarl het ook tussen verlede week en hierdie week positief getoets, maar Derek Swart, die skoolhoof, sê onderrig het soos gewoonlik voortgegaan.

Hoërskool Noorder-Paarl het Maandag (22 Junie) sy skoolgemeenskap laat weet een geval is by dié skool aangemeld. Natalie Arendse, die skoolhoof, het in ’n brief gesê ’n matrikulant is positief getoets. Die skool is vir ’n dag gesluit en het Woensdag (24 Junie) heropen nadat die gebou ontsmet is.

Debbie Schäfer, die LUR vir onderwys in die Wes-Kaap, het bevestig dat skole nie net “toegemaak” kan word nie.

“Wanneer ’n skool ’n bevestigde geval van Covid-19 aangemeld het, moet ’n uiteengesette protokol gevolg word. Dit is op die WKOD se webwerf beskikbaar. ’n Bevestigde geval vereis nie dat ’n skool outomaties gesluit word nie,” het Schäfer bygevoeg.

Die prosedure wat gevolg moet word, behels dat die skoolhoof onmiddellik alle bevestigde gevalle by die kringbestuurder aanmeld. Die kringbestuurder moet ook verskaf word van inligting soos wanneer laas die leerder of personeellid by die skool aanwesig was, asook met wie hulle direk – selfs vlugtig – in kontak was.

Brian Schreuder, die WKOD-departementshoof, maak dit duidelik dat net hy geregtig is om toestemming te gee dat skole moet sluit.

“Let op dat slegs die hoof van die departement die sluiting van ’n opvoedkundige inrigting kan magtig. Die hoof van die departement sal deur die distrik ingelig word en sal optree volgens die raad van die departement van gesondheid,” verduidelik Schreuder.

Intussen het die private onafhanklike skool in Franschhoek, Bridge House, besluit om sy eie datums op te stel oor wie wanneer moet terugkeer skool toe.

Volgens Gill Malcolm, die skool se bemarkingsbestuurder, is die skool die vorige week gesluit en klasse sal van 7 Julie af op die skoolterrein hervat word.

“Ons het wel gr.7’s en gr.12’s vir die twee weke terug gehad voordat ons weer gesluit het, en die proses en protokolle het baie goed verloop.

“Ons sal voortgaan met ons aanlyn aanbiedinge totdat ons al ons studente (insluitend internasionale koshuisinwoners) weer op skool kan kry, dus bied ons ’n gemengde benadering aan tot dan. Die ander grade sal oor twee weke ingefaseer word wanneer ons terugkeer.”. The Western Cape Education Department (WCED) has made it clear that no-one – not even governing bodies – may close schools other than the department itself.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.