Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skole skitter weer

Skole in Drakenstein is tans op die top-20-lys vir die Afrikaanse skole in die Wes-Kaap met die beste wiskundeprestasie.

Hierdie berekeninge is gedoen ná die uitslae van 2017 se nasionale matriekeindeksamen.

In Die Burger se grafika getitel “Afrikaanse skole in die Wes-Kaap se matriekeksamen 2017” is die skole wat in aanmerking geneem is Afrikaanse skole met meer as 30 matrikulante wat wiskunde neem.

Hierdie syfer is gedeel deur die aantal matrikulante in daardie skool. Die hele matriekklas is dus in berekening gebring, nie net die aantal leerders wat wiskunde as vak geneem het nie. ’n Skool wat wiskunde onder al sy leerders bevorder, kry dus ’n hupstoot.

Die Hoër Jongenskool Paarl (3), Hoër Meisieskool Paarl (6), Hoërskool Gimnasium Paarl (9), Hoër Meisieskool La Rochelle (11) en Hoër Landbouskool Boland (14) is van die 20 skole met die beste gemiddelde prestasie in wiskunde.

Die 20 skole is dié wat volgens die formule die beste onder Afrikaanse skole in die Wes-Kaap gevaar het (relatief tot die gemiddelde en relatief tot hul gemeenskap se welvaart).

’n Gemiddelde punt vir wiskunde (nie wiskundegelet­terdheid* nie) is só vir elke skool bereken:

. Elke matrikulant wat wiskunde geskryf het, maar nie geslaag het nie het een punt (G-simbool) gekry, ’n F-simbool (30%-40%) het twee punte gekry, terwyl ’n E-simbool (40%-50%) drie punte en ’n D-simbool (50%-60%) vier punte gekry het. ’n C-simbool (60%-70%) kry vyf punte. ’n B-simbool (70%-80%) was ses punte en ’n A-simbool (80%-90%) agt punte werd. ’n A+-simbool (90%+) het nege punte behaal.

Derek Swart, hoof van die Hoër Jongenskool Paarl, sê:

“Die geheim van HJS se volgehoue goeie uitslae is doodeenvoudig dat ons wiskundedepartement die ‘gewone’ doen, maar net ’n ekstra myl of twee loop, in uitvoering van ons akademiese bedryfsleuse: Die HJS se seuns moet meer weet en meer kan doen met dit wat hulle weet!” Verder het hy gesê dat die skool ook al by meer as een geleentheid ’n prys van die Wes-Kaapse onderwysdeparte­ment gekry het vir sy gr. 9-leerders se prestasie in die “sistemiese eksamens” wat ’n weerspieëling is van die harde werk wat bv. met gr 9’s gedoen en ondersteuning wat gebied word.

“Laastens moet alle lof gaan aan baie bekwame, goed opgeleide en toegewyde wiskundeonderwysers onder leiding van die welbekende Pops Sadie,” sê Swart.

Mariana van Zyl, hoof van die Hoër Meisieskool Paarl, sê weer op haar beurt: “Ons is ongelooflik dankbaar ons naam is op die lys. Ons is ook baie trots op puik personeel en leerders wat met die nodige selfdissipline baie hard werk.” Verder meen sy die ondersteuning deur ouers aan hul kinders verdien ook vermelding.

Die Hoër Jongenskool Paarl (6) en Hoër Meisieskool Paarl (15) het ook op die lys vir die Wes-Kaap geskitter vir die “ware” top-20-skole wat die gemeenskap se welvaart in ag neem.

Millicent Merton, woordvoerder van die WKOD, het by navraag gesê die 10 top-presterende skole vir Drakenstein in die Kaapse Wynlande vir 2017 se nasionale senior sertifikaateksamen is as volg: Hoër Meisieskool La Rochelle, Hoërskool Gimnasium Paarl, Hoër Meisieskool Paarl, Hoër Landbouskool Boland, Al-Azhar Instituut Paarl, Hoër Jongenskool Paarl, Hugenote Hoërskool, Hoërskool Franschhoek, Hoërskool Labori en Klein Nederburg Sekondêr.

. Elke matrikulant wat nie wiskunde geskryf het in die eindeksamen vir 2017 nie, maar wiskundegeletterheid het, het nul punte verdien by die meet vir die 20 skole met die beste gemiddel­de prestasie in wiskunde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.