Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skool deur moeilike tye

Ses jaar gelede het die toekoms van LK Zeeman Primêr duister gelyk toe hy saam met nog 14 skole in die Wes-Kaap dalk sy deure moes sluit.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement wou die skool weens die min kinders en die multigraadonderrigklasse sluit.

Ouers en onderwysers se gemoedere het hoog geloop. Hulle het nie net saam teen hierdie besluit baklei nie, maar ook nooit moed opgegee nie.

Vandag, met LK Zeeman se 50ste bestaansjaarvieringe, staan die skool nie net sterker as ooit nie, maar is ook ’n opvoedkundige baken vir die gemeenskap.

In 1968 het LK Zeeman sy deure in Paarl-Oos geopen nadat drie skole in die Paarl-gebied leeggeloop het as gevolg van die Groepsgebiedewet.

Die skool is genoem na die Anglikaanse predikant, Latimer Kempton Zeeman, wat een van die stigterslede van die Athlone-instituut was. Zeeman het baie bruin onderwysers opgelei.

P.C. Phillipus is as die skool se eerste skoolhoof aangewys. Hy het by die skool as skoolhoof met 20 onderwysers begin. Sy opvolger P.C. Matthews het 1985 die leisels oorgeneem totdat C. Cassiem, wat ook ’n onderwyser by dié skool was, in 1993 as skoolhoof oorgeneem het.

Nog skoolhoofde soos Fabian Meyer en Merna Williams (waarnemende skoolhoof) was aan die stuur totdat Charmaine Moosa as die waarnemende skoolhoof aangestel is.

Kinders van omliggende gebiede en plase het by dié skool hul opleiding begin.

Die skool is by die Sport teen Misdaad-inisiatief betrokke. Dié inisiatief is deur die polisie van stapel gestuur om sportklubs op rig om kinders van die omgewing van die straat af te hou om nie betrokke by misdaad te raak nie.

LK Zeeman het ook ’n nasorgsentrum, wat leerders in die middae help met hul huiswerk.

Die jaarlikse prysuitdeling is een van die hoogtepunte van die skool waar orkesmusiek en opvoerings deur kultuurgroepe die gehoor vermaak.

Die skool het verskeie prestasies opgelewer. In 1998 het die senior koor die eerste prys in sy afdeling by die Paarlvallei-eisteddfod gewen.

’n Voormalige onderwyser, Isaac Kock, is as die SA Swem-ontwikkelingsafrigter van die jaar in 1996 aangewys en is ook as die nasionale afrigter van die primêreskool-ontwikkelingstoer na Namibië in 1996 gekies.

Samantha Minnaar, wat in 1998 in die skool was, het goed in die 2004 se Olimpiese straatmyl presteer.

LK Zeeman was ook ’n wenner van ’n kunskompetisie vir kunswerk op die voorblad van die Wynboer-tydskrif.

Ten spyte hiervan staar die skool egter nog geweldige uitdagings in die gesig, onder meer met oorvol klasse asook te min onderwysers.

Die gemeenskap word uitgenooi om hul kinders vir 2019 by dié skool te kom inskryf. Vir nog inligting, bel die skool by 021 862 3900.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.