Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skoolaansoeke is oop vir 2021

Aanlyn aansoeke vir die 2021-skooljaar het Maandag geopen, maar as gevolg van ’n tegniese fout kon talle aansoekers nie op die web­werf kom nie.

Die Wes-Kaapse onderwysdepartement (WKOD) het Maandag gesê dat die probleem buite sy beheer is. Teen Dinsdag het daar reeds 8 400 mense aanlyn geregistreer en 3 688 mense kon hul aansoek suksesvol voltooi.

Die WKOD het ook gesê dat ouers nie paniekbevange moet raak nie en dat persone wat eerste aansoek gedoen het nie voorkeur kry nie.

Die aansoeke is oop vir kinders wat die eerste keer skool toe gaan sowel as gr.8’s en diegene wat na ’n nuwe skool in die provinsie wil oorskakel.

Ouers moet by soveel moontlik skole aansoek doen, met vermelding van hul voorkeurvolgorde op die stelsel. Die aansoek vereis ’n gesertifiseerde afskrif van die leerder se identiteits­dokument of geboorteserti­fikaat. ’n Studiepermit, wat deur die departement van binnelandse sake vir buite­landse leerders uitgereik is, moet ook aangeheg word. Laerskoolleerders moet in besit wees van ’n geldige immuniseringskaart, terwyl leerders wat na ’n ander skool toe gaan, ’n oordrag­brief en hul laaste rapport van hul vorige skool by die aansoek moet heg.

Millicent Merton, woordvoerder van die WKOD, sê alle aansoeke moet aanlyn gedoen word, maar indien ouers nie toegang tot rekenaargeriewe het nie, kan ouers ’n skool om hulp vra om die skool se rekenaars te gebruik. Indien nie, kan ouers ’n papieraan­soekvorm by die departe­ment aanvra.

Toelating sluit 17 Maart.

Ouers word tussen 15 en 22 Mei per e-pos en SMS in kennis gestel van die uitslag van hul aansoek. Indien hul kinders aanvaar is, moet hulle dit teen 5 Junie bevestig.

Die WKOD benadruk dat ouers die plasing binne drie dae ná ontvangs van ’n plek aangebied moet aanvaar en bevestig. Die amptenaar verantwoordelik vir opnames in die Kaapse Wynland-distrik is John Goliath.

Bel hom by 023 348 4681 of eJohn.Goliath@westerncape. gov.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.