Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Skrywer Winnie Rust vermoor
Die moordtoneel waar die skrywer Winnie Rust Woensdagmiddag vermoor is. Foto: Paarl Post

Die skrywer Winnie Rust (76) is Woensdagmiddag in haar huis in Wellington vermoor.

Rust, ‘n geliefde inwoner en internasionaal bekende skrywer, is dood in haar huis in Derdelaan, Uitsig, gevind.

Volgens voorlopige inligting het Rust se man, dr. Manie Rust (87),  omstreeks 15:30 wakker geword van die hekklokkie wat lui. Hy het opgestaan om te kyk wie by die hek is toe hy sy vrou dood op die kombuisvloer aangetref het. 

Sy het beserings aan haar gesig gehad en haar hande en voete was vasgebind. 

Wellington-polisiewoordvoerder, lt. Basil Seekoei, het bevestig dat ‘n klag van moord ondersoek word. Nog geen verdagtes is geidentifiseer nie.

Sy was ‘n beminde Wellingtonner wat onder meer nou betrokke was by die geskiedenis van alle gemeenskappe van Wellington. 

Haar boeke sluit in Margie van die Seminary en ander verhale Martha gravin van Stamford en Trek. 

Martha gravin van Stamford het die kortlys vir die Jan Rabie/Rapportprys in 2005 gehaal.

Winnie was in 1954 hoofdogter van die Hugenote Hoërskool. Haar wyle pa, CP van der Merwe, was destyds  rektor van die Hugenote-kollege.

* Drie jaar gelede, op 8 Mei 2013, is die egpaar Daan en Erka Rousseau ook in hul huis in Charonstraat, Uitsig, vermoor. 

Tien jaar gelede, op 7 Februarie 2005 is  Lisbé Smuts-Smith, ook ‘n bekende in die literêre kringe vermoor in Burgstraat, nie ver van die jongste voorval nie.

Volgens inwoners gaan die gebied gebuk onder inbrake.  

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Paarl Post Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.